In hierdie 5de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die Waldense wat gevestig was in die berge van die Alpe en die Bybel in Frans gepreek en vertaal het in ‘n tyd toe slegs Latyn in die kerk toegelaat is.
Woensdag se Woord: Psalm 46:2-3
Bybelvertaling Deel 4: Die bydrae van Johannes Hus
In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.
Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling: • Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis
Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het: • Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…
Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie: • Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe
Woensdag se Woord: Kolossense 3:16
Bybelvertaling deel 3: Die bydrae van John Wycliffe
In hierdie derde deel in die reeks oor Bybelvertaling fokus ons op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie.
Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling.
Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het.
Calvyn se model vir armoede verligting
Ons leef in ‘n tyd en in ‘n land waar staatsafhanklikheid ongekende afmetings aanneem. Volgens raming word sowat 27 miljoen mense in Suid-Afrika deur een-of-ander vorm van maatskaplike toelae ondersteun waarvoor die krimpende aantal belastingbetalers moet instaan. Vir baie is daar geen manier om ‘n alternatief hierop voor te stel nie en staatshulp word dikwels as die enigste oplossing vir armoede beskou.
Die kerkhervormer, Johannes Calvyn, bied egter ‘n model vir armoedeverligting wat ‘n Bybelse alternatief stel en steeds vandag relevant is.
Woensdag se Woord: 1 Kor. 1:18
Woensdag se Woord: 1 Johannes 5:12
Die gebruik van die woord ‘Amen’
Soms kom daar vreemde uitsprake in ons tyd voor, byvoorbeeld die bewering dat “Amen” nie ‘n Bybelse woord is nie en sou verwys na die Egiptiese god Amun. Die implikasie van hierdie bewering sou dan wees dat die kerk ‘n afgod aanbid deur die woord “amen” te gebruik. Die vraag is: is daar enige gronde vir hierdie bewerings?
Die woord Amen is een van die woorde wat die meeste in kerke oor die wêreld heen gebruik word. Daar is nie ‘n kerk op aarde in watter taal ook al waarin die woord nie gebruik word in gebede, lofprysing, prediking en die liturgie nie.
In hierdie artikel word die herkoms van die woord “amen” bespreek.
Woensdag se Woord: Psalm 27:14
Die Bybel is nie ‘n kommoditeit nie
In ons tyd word die Bybel en evangelie dikwels behandel asof dit ’n gewone verbruiksartikel of handelsproduk is. Die Here Jesus leer self dat die arbeider sy loon werd is (Lukas 10:7). Daarom kan daar nie fout gevind word met die gebruik dat ‘n leraar deur ‘n gemeente getrakteer word om die Woord van die Here te bedien in ruil vir versorging nie, of dat die Bybel verkoop word in ruil vir die instandhouding van die diens nie. Dit neem egter nooit die verantwoordelikheid van die kerk weg om soos ‘n profeet van ouds die Woord van God te bedien en uit te deel sonder voordeel of vrees nie.
A Protestant engagement with the Martyrdom of Perpetua and Felicity
Indien iemand belangstel, hier is my nuutste akademiese stuk oor die Martelaarskap van Perpetua en Felicitas op Academia.edu (Neem kennis: dit is in Engels). Ek plaas dit hier indien daar leraars of studente is wat dit wil lees.
Opsomming:
Die Passio Perpetuae et Felicitatis (die Martelaarskap van Perpetua en Felicitas) is ’n belangrike teks binne die vroeg-Christelike martelaarsliteratuur. Akademici het dit reeds uitgelig as ’n werk wat historiese konteks, literêre vorm, geslagsdinamiek, teologiese simboliek en ekklesiologiese betekenis het. Dit speel af binne die sosio-politieke milieu van Kartago in die tweede-derde eeu na Christus.
Hierdie studie ondersoek hoe die martelaarskap van Perpetua en Felicitas die Romeinse gesag uitgedaag het en terselfdertyd die Christelike identiteit bevestig het. Perpetua se visioene, tesame met die teks se simboliek, metafore en sakramentele motiewe, toon dat die Passio beide ’n getuienis van geloof te midde van vervolging was en ’n vroeg-Christelike teologiese werk met eskatologiese en ekklesiologiese diepte.
Moderne patristiese navorsing beklemtoon dikwels kwessies oor geslag, status en die rol van vroulike stemme in die kerk. Perpetua se outobiografiese bydrae tot die teks self en haar visioene word daarom dikwels geïnterpreteer deur die bril van feministiese, Montanistiese en martelaarsteologiese raamwerke, hoewel nie altyd vanuit ’n Protestantse hoek nie.
Hierdie studie oorweeg hierdie benaderings vanuit ’n Protestantse perspektief, wat die betekenis van die teks bevestig maar terselfdertyd waarsku teen interpretasies wat dit losmaak van sy leerstellige en buite-Bybelse grondslag.
Woensdag se Woord: Josua 1:9
Orgaanskenking?
Augustusmaand is orgaanskenkingmaand. Vrae oor die Bybelse standpunt oor die onderwerp word gereeld gevra.
Lees gerus hierdie artikel waarin ek die vraag vanuit ‘n Bybelse oogpunt probeer beantwoord.
Besoek https://odf.org.za/ indien jy meer wil weet van orgaanskenking.
Woensdag se Woord: Kolossense 3:1
Bybelvertaling-reeks deel 1 en 2
Hier onder is die skakels na die eerste twee dele van die Bybelvertaling-reeks vir Julie en Augustus 2025.
Deel 3 word in September opgelaai.
Deel 1 se tema: Die doel en geskiedenis van Bybelvertaling (Julie 2025)
Deel 2 se tema: Die oordrag van die teks van die Nuwe Testament (Augustus 2025)
Deel 3 se tema: Bybelvertaling voor die Reformasie
21 September 2025
GRA 150 en Eeufeesvieringe
Ons vier vandag die 150ste herdenking sedert die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Dis is ‘n besondere geleentheid aangesien dit ook saamval met die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal.
Gisteraand het die AP Akademie, in samewerking met die FAK, ‘n Eeufeesglansaand by die Voortrekkermonument aangebied met musiek, poësie, bekende Afrikaanse liedere en samesang ter herdenking van Afrikaans 100 en die GRA se 150 ste bestaansjaar. Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het! Die glansaand sal binnekort op Boermedia se kanaal beskikbaar wees!
Woensdag se Woord – Johannes 8:32
Is belydenisaflegging ‘n belofte of ‘n gelofte?
Ons nader die tyd van die jaar waarin katkisante afgerond word met die oog op belydenis van geloof aflegging.
Ek deel graag my gedagtes rondom die vraag of die aflegging van belydenis van geloof ‘n “belofte” is of ‘n “gelofte”. In sommige kerke se formuliere staan dit as “gelofte”.
Woensdag se Woord: Mattheus 5:23-24
1953-hersiene vertaling nou beskikbaar
In ‘n vorige artikel is verwys na die 1953-hersiening wat in die vooruitsig gestel word. Ek het reeds vroeër gemeld dat die 2024 hersiening van die 1953-vertaling as ‘n redaksionele hersiening in plaas van ‘n inhoudelike hersiening deur die Bybelgenootskap beskou word. Die 1953-hersiening is intussen gepubliseer. Aan die einde van die artikel gee ek ‘n skakel waar die teks gevind kan word.
Hersiening van die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
Tydens die afgelope algemene Jaarvergadering van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is kennis gegee dat die 1953-vertaling van die Bybel gedurende 2024 hersien is en binnekort beskikbaar sal wees. Ek het by dié geleentheid versoek om inligting te kry oor die hersiening en wat dit behels het asook watter tekste hersien is. Dit is veral belangrik vir kerke en lidmate wat die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans as amptelike vertaling gebruik, om te weet wat verander is in die hersiening en om kommentaar te kan lewer daarop.
Aangesien ek pas die inligting van die Bybelgenootskap bekom het, volg hier onder ‘n oorsig oor die belangrikste verskille en ooreenkomste tussen die 1953-vertaling soos ons dit tans ken teenoor die 1953-hersiening van die Bybel in Afrikaans.
Woensdag se Woord: 1 Korinthiërs 5:7-8
Die hemel is ‘n plek en nie ‘n toestand nie
In ’n wêreld waar geloofsoortuigings al hoe meer benader word asof dit afhang van die mening van die meerderheid, is dit noodsaaklik om as Christene duidelik te formuleer waarom geloof in die letterlike bestaan van die hemel ’n fundamentele waarheid in die Bybelse leer is. Die Bybel bied ’n perspektief op die hemel as ’n werklike plek, wat voorberei word deur Christus self, waar gelowiges in ewige gemeenskap met God sal verkeer. Hierdie waarheid is nie opsioneel vir die geloof nie, want dit anker die eskatologiese verwagting, morele lewe, en troos van die kerk deur die eeue heen in die belydenis van wat die Bybel daaroor leer.
Woensdag se Woord: Exodus 3:4-5
Wat sê die Bybel oor die wegraping?
Die leer van die wegraping soos dit in baie populêre charismatiese- en dispensasionele kringe verstaan word, naamlik dat Christus geheimsinnig kom om die gelowiges van die aarde weg te neem (weg te raap) voor of tydens ’n toekomstige groot verdrukking, is nie ’n suiwer Bybelse of gereformeerde beskouing nie. Dit berus eerder op ’n spesifieke eskatologiese raamwerk wat eers in die 19de eeu na vore gekom het deur John Nelson Darby en later populêr geword het deur die Scofield Reference Bible.
Woensdag se Woord: Exodus 2:24
Woensdag se Woord: Exodus 1:17
Woensdag se Woord: Genesis 6:5-6
Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek
Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.
Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).
Europa: van bakermat van die Christelike geloof tot ‘n sendingveld
Die geskiedenis van Europa is verweef met die geskiedenis van die Christelike kerk. Hier het die geloof wortel geskiet, die hervorming plaasgevind, die Bybel is hier in verskillende Europese tale vertaal, kerke is gestig, en teologiese tradisies is gevorm. Europa se geskiedenis het die wêreld se denke tot vandag toe beïnvloed. Tog het die kerk se invloed op dié kontinent dramaties verander. Europa was die bakermat van die Christelike geloof en het nou ‘n sendingveld geword.
(Aanbieding by die jaarlikse geleentheid van “Sendingsondag”, 22 Junie 2025)
Woensdag se Woord: Genesis 5:27
Die herwinning van die klassieke Christelike tradisie in die onderwys
Die AP Akademie tree as Vaandelborg vir Kragdag 2025 op wat DV 7-9 Augustus 2025 plaasvind. Hiérdie artikel is ‘n meer uitgebreide bespreking van ‘n artikel met dieselfde titel wat later vanjaar in Kragdag se Nuusblad sal verskyn.
Opsomming: Hierdie artikel ondersoek die herwinning van die klassiek-Christelike tradisie (KCT) binne die moderne onderwysstelsel. Die KCT verbind klassieke filosofie met Christelike teologie en beklemtoon die vorming van die hele mens, naamlik die verstand, hart en siel, deur ’n liefde vir waarheid, goedheid en skoonheid by die student te kweek. Binne hierdie benadering, word onderwys gesien as ‘n roeping, waar die onderwyser of dosent as “paidagogos” die student begelei tot karaktervorming en ontdekking van hul roeping, eerder as net kennis oordrag. Die artikel plaas hierdie benadering in kontras met uitkomsgebaseerde onderwys (UGO), wat leerdergesentreerd is, fokus op meetbare uitkomste, en die illusie bevorder dat alle leerders gelyke resultate kan behaal. Aangesien die UGO-stelsel oorheersend is, word voorgestel dat die gees van die KCT herstel word binne bestaande strukture. Dit behels praktyke soos die gebruik van klassieke tekste, estetiese vorming, en gesprekke oor die betekenis van waarheid, goedheid en skoonheid. Die pedagoog moet self as model van deug optree. Die artikel eindig met die siening dat ware opvoeding die vorming van die siel is, nie net akademiese prestasie behels nie. Onderwys word so ’n daad van geestelike en morele begeleiding tot volwassenheid.
Woensdag se Woord: Genesis 2:18
‘n Eeue-oue vraag: Waarom doop ons kinders?
Ons leef in ’n tyd waarin Bybelse gebruike en kerklike tradisies dikwels bevraagteken word. Een van hierdie vraagtekens handel oor die doop van kinders. Dit is ‘n vraag wat sedert die beginjare van die Christelike kerk gevra word en wat dikwels in ons tyd herhaal word wanneer mense vra: Moet ‘n persoon nie eers tot geloof kom voordat hulle gedoop word nie?
Die wêreld het meer sulke pa’s nodig!
Sondag is Vadersdag! Ons moet natuurlik elke dag vaders se rol in die samelewing en in ons gesinne waardeer en koester, nie net op dié spesifieke dag nie, maar vadersdag bied ’n unieke geleentheid om te fokus op hoe belangrik pa’s se rol in gesonde gesinne is. Dit skep ’n geleentheid om dankbaarheid te wys aan elke vader wat dié belangrike rol ernstig opneem.
Woensdag se Woord: Genesis 1:1-3
Waar kom die gebruik van bidure vandaan?
Die Handelinge-boek noem meermale dat die eerste gelowiges “eendragtig volhard het in die gebed” (Hand. 1:14; vgl. ook 2:42, 4:24, 12:5). Dit was dikwels in die konteks van afwagting, tydens vervolging of wanneer ‘n groot sendingpoging aangewend is. Die gebed was nie net individueel in die binnekamer nie, maar ook gesamentlik as gemeente. Dit het dikwels in huise, soms in die tempel, en later tydens die groot vervolging van die kerk, selfs in ruimtes soos katakombes plaasgevind.
Die Pinksterfees as teologiese skarnier tussen die Ou- en Nuwe Verbond
Inleiding
Pinkster, soos dit vandag in die kerk gevier word, is nie ’n losstaande gebeurtenis nie. Dit rus op ou wortels. Wat in Handelinge 2 plaasvind, is die vervulling van iets wat lank reeds gevier was. In die Ou Testament was Pinkster bekend as die Oesfees wat op die vyftigste dag na die Joodse Pasga gevier is. Tussen die Pasga en die Pinkster, was 7 weke wat bekend gestaan het as die Fees van die Weke (of Shave’ot). Dit was in hierdie tyd gebruiklik om die eerste deel van die oes as ‘n gawe aan die Here te offer en ‘n tyd van danksegging vir die oes. Maar soos die heilsgeskiedenis ontvou het, het dit méér as net ’n landboufees geword. Dit word ’n teken van die Heilige Gees wat as eerstelinggawe aan die kerk geskenk word, waar letterlik ‘n omkering plaasvind. In plaas van dat die mens aan God offer, offer God sy Seun aan die kruis en stuur Hy sy Heilige Gees as belofte dat die oes lank nie verby is nie, maar dat die ewige seën nog oppad is. In hierdie artikel volg ons die pad van Pinkster vanaf die Ou Testament, deur Israel se feeste, tot by die vroeë kerk se verstaan van die uitstorting van die Gees as die aanbreek van die nuwe verbond.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (5): Jean d’Arc
Daar is party name wat net eenvoudig mense se verbeelding aangryp as jy dit hoor. Een so naam is dié van Johanna van Arkel (Engels: Joan of Arc). Hoewel sy in die Middeleeue leef, klink haar lewe byna soos wat die Hebreërskrywer die wêreld se hantering van geloofshelde beskryf in Hebreërs 11:32-40. En daarom verdien sy haar plek in ons reeks oor besondere vroue in die kerkgeskiedenis.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (4): Macrina
In die geskiedenis van die kerk word belangrike persone soos predikante, teoloë en martelare wat geskryf, gepreek en geleef het om die waarheid te verdedig, gewoonlik onthou. Maar soms is die grootste invloed in hierdie mense se lewens nie diegene wat op ‘n kansel staan nie, maar dié wat agter hulle staan en hulle bemoedig wanneer hulle self ontmoedig word. Dit is dikwels ook vroue wat deur hul lewe, wysheid en geloof volgende geslagte beïnvloed het. Macrina, suster van Basilius die Grote en Gregorius van Nyssa, is só ’n figuur.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (3): Perpetua
Daar is iets wat in ‘n mens geroer word wanneer ’n jong meisie, sonder politieke mag of wapens, maar met vaste oortuiging, voor ’n keiser in ‘n Romeinse arena staan en sê: “Ek is ’n Christen, ek kan nie iets anders wees nie”. Veral as sy haarself nie as ’n slagoffer beskou nie, maar as ’n getuie vir Christus. Perpetua van Kartago was so vrou. Sy was een van die vroeë en mees invloedryke vroulike martelare in die geskiedenis van die kerk.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (2) – Ester
Ester se verhaal staan soos ’n vlam van hoop in ‘n donker, ongehoorsame wêreld. Sy tree nie op in ‘n tyd van wonderwerke of profetiese visioene nie. Inteendeel, die boek wat haar naam dra, noem nie eers die Naam van God nie. Maar juis hierin lê die krag van die getuienis van die boek Ester. Ester wys vir ons dat die Heilige Gees nie net werk in dramatiese openbarings nie, maar ook in die stil vasberadenheid van ’n vrou wat gehoorsaam is in tye van krisis.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (1) – Rut

Rut tel koring op in die landerye van Boas.
Eerskomende Sondag vier kerke oor die wêreld heen Pinkster, die herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees.
Hierdie week se Pinksteroordenkings het die tema: Besondere vroue in die kerkgeskiedenis.
Wanneer Pinkster ter sprake kom, dink baie onmiddellik aan die vuurtonge, spreek in tale en die dramatiese gebeure van Handelinge 2. Maar die Gees werk nie net in die bonatuurlike en groot dinge nie. Die Gees werk meestal sag, stil en sonder dat mense dit opsigtelik raaksien.
Hemelvaart – Die verheerliking van Christus en die roeping van die Kerk
Wanneer Christene die Hemelvaart van Jesus Christus vier, dink ons aan die triomfantelike oorwinning van die Seun van God wat na die hemel gegaan het om vir ons plek te berei. Hierdie gebeure, soos opgeteken in Handelinge 1, is ’n sleutelgebeurtenis wat die hele Christelike lewe, ons hoop op die toekoms en ons verstaan van sending vorm.
Die Hemelvaart openbaar die verheerliking van Christus. Die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 49 vat dit mooi saam:
Vraag 49: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?
Antwoord: Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a). Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as ‘n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b). Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).
(a)1 Joh 2:1; Rom 8:34. (b) Joh 14:2; 17:24; 20:17 2:6. (c) Joh 14:16; 16:7; Hand 2:33; 2 Kor 1:22; 5:5 (d) Kol 3:1.
Hy wat voorheen verwerp is, verneder is, gekruisig is, het opgestaan as oorwinnaar en neem sy plek in aan die regterhand van die Vader. Hierdie simboliek, om te sit aan die regterhand van die Vader, is ‘n uitdrukking om Christus se koninklikheid te beklemtoon. Hy is nie beperk tot tyd en plek nie; Hy heers oor alle dinge (Efesiërs 1:20–23).
Teen die stroom van wanpersepsies: Afrikaners, grond en Bybelse geregtigheid

Foto geneem vanaf: https://www.denisonforum.org/daily-article/trumps-contentious-meeting-with-south-africas-president/
In hierdie week se artikel getiteld: Teen die stroom van wanpersepsies: Afrikaners, grond en Bybelse geregtigheid, fokus ek op ’n onlangse artikel deur Denison Forum in die VSA oor president Donald Trump se ontmoeting met mnr. Ramaphosa, waarin beweer word dat die rede vir die misdaad in Suid-Afrika toegeskryf kan word daaraan dat die helfte van die grond in die land aan wit mense behoort, wat Afrikaners na hierdie mening op onregmatige wyse in die verlede verkry het. Ek verwys na die publikasie, Disputed Land, van Louis Changuion en Bertus Steenkamp en bespreek waarom dit ook nodig is dat ons in hierdie debat moet vra wat die Bybel oor grondbesit leer.
Die godsdiens van die Persiërs in die tyd van Ester
Ek en ‘n paar kollegas is tans besig om te werk aan ‘n publikasie oor die boek Ester wat DV moontlik later vanjaar beskikbaar sal wees, wat onder andere kommentaar op die teks van Ester sal insluit en heelwat agtergrondgeskiedenis gee wat die konteks en uitleg van die boek Ester oopbreek.
Een van die sake wat in die studie van die boek Ester sterk na vore kom, is die subtiele rol wat die godsdiens van die Persiërs gespeel het in die besluite van Ahasvéros (Xerxes I), die bevele wat hy uitvaardig en Haman se optrede teenoor die Jode in die vesting Susa, asook die subtiele rol wat Moira (die noodlot) in die leefwêreld van die Persiërs gespeel het teenoor die Joodse verstaan dat alles deur die beskikking van God gebeur.
Aangesien die gemelde publikasie reeds ‘n lywige stuk agtergrond oor die ballingskap, die Persiërs en die verstaan van die gebeure in Ester bevat, bespreek ek in hierdie artikel ‘n aspek wat wel klem kry, maar nie breedvoerig bespreek word nie, naamlik die godsdiens van die Persiërs. Hierdie godsdiens het ‘n prominente rol gespeel in die manier hoe die Persiërs aan die een kant, en die Jode aan die ander kant, na die gebeure wat in die boek bespreek word, gekyk het.
Ek wil hier aan die een kant ‘n voorsmakie gee van wat beoog word met die publikasie, asook die geleentheid gebruik om bietjie wyer oor die onderwerp van die godsdiens van Persië te skryf sodat ons as lesers geprikkel word om die publikasie self te gaan lees. Hierdie agtergrond help die leser van die boeke Ester, Daniël, Nehemia en Esra (boeke wat in die Persiese regeringstydperk afspeel) om ‘n greep te kry op die leefwêreld van die Persiërs in dié tyd. Ester is voorwaar ‘n besondere boek in die Bybel wat die moeite werd is om self deur te werk. Al kom God se Naam nie eenmaal in die Hebreeuse teks van Ester voor nie, kan ‘n gelowige nie anders as om die onsigbare hand van God en sy voorsienigheid in die gebeure in Ester raak te lees nie.
Die geloofsbelydenis van Nicéa – 1700 jaar later
Op 20 Mei 2025 vier die Christelike kerke wêreldwyd die 1700ste herdenking van die Geloofsbelydenis van Nicéa. Hierdie belydenis is een van die belangrikste geloofsverklarings in die geskiedenis van die Christendom. Hierdie viering herinner ons aan die betekenis van belydenisskrifte in die oordrag en belydenis van die suiwer leer. Dit herinner ons ook aan die stryd wat in die kerk deur die eeue heen gewoed het om die waarheid van die Evangelie te beskerm teen dwaalleer.
In hierdie artikel fokus ek op die ontstaan en op die redes waarom die Geloofsbelydenis van Nicéa steeds belangrik is vir die kerk in die 21ste eeu.
Afrikaans 100: Taal as gawe van God

Die Taalmonument in Paarl
(Foto geneem vanaf: https://southafrica.co.za/taalmonument-paarl.html)
Op 8 Mei 2025 vier ons die honderdjarige herdenking van Afrikaans as amptelike taal. Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 1925 het status verleen aan Afrikaans as dié inheemse taal wat binne dekades sou ontwikkel van “kombuistaal” tot wetenskapstaal. Vanjaar se viering bied ‘n geleentheid om stil te staan by die waarde van taal in die lig van die Skrif.
Die Martelaarskap van Polukarpus: ‘n Boodskap van volharding en oorwinning
Wanneer die geskiedenis van die kerk onder die vergrootglas geplaas word, word dit gou duidelik dat die lydenspad dikwels oor die weg van gelowiges kom. Die apostels en die leiers van die vroeë kerk moes daagliks die kruis opneem, letterlik en figuurlik. Een so ’n merkwaardige figuur is Polukarpus van Smirna – ’n apostoliese vader, leerling van die apostel Johannes, en ’n martelaar wie se getuienis tot vandag toe in die kerk weerklink. In hierdie artikel bespreek ek die martelaarskap van Polukarpus, soos opgeteken in die brief van die gemeente van Smirna, om dit weer aan die kerk van die 21ste eeu voor te hou as voorbeeld van getrouheid te midde van verdrukking.
Die liturgiese karakter van werkersdag in die sosialistiese revolusie
Werkersdag, of Arbeidersdag, soos dit in baie lande bekend staan, word jaarliks op 1 Mei gevier. In Suid-Afrika en wêreldwyd het dié dag ‘n simboliese betekenis as ‘n huldeblyk aan die stryd van arbeidersbewegings deur die geskiedenis heen. Tog lê daar agter hierdie dag ‘n sterk ideologiese oorsprong wat sy wortels het in sosialistiese denke. Hoewel die dag nie ‘n Christelike karakter het nie, het die kerk wel ‘n profetiese roeping om ook op dié markplein van idees God se Woord te laat hoor. In hierdie artikel bespreek ek die herkoms van die dag, en wys op die huidige liturgiese karakter van werkersdag in die sosialistiese revolusie.
Wie is die volgende Roomse Pous?
Met die dood van pous Francis die afgelope week, kom heelwat interessante vrae na vore. Een daarvan is: wat gebeur gewoonlik as die pous doodgaan? Hoe besluit die Roomse kerk wie die volgende pous is?
In hierdie artikel word gekyk na die gebruike van die Roomse kerk rondom die verkiesing van die pous, iets wat vir gereformeerdes onbekend is en tog interessant is om van kennis te neem, en wat die gereformeerde belydenis daaroor te sê het.
Die gebruik van die woord ‘natuur’ in Romeine 1
Die afgelope paar jaar is daar veral van die kant van die Skrifkritiek (en hulle invloed op die kerk) toenemend gesprekke oor die gender-vraagstuk. Die Bybel beskou geslagtelikheid egter slegs as “manlik” en “vroulik”. Die mens word na God se beeld geskape. Dit beteken nie dat God ‘n geslag het nie, maar dat die menslike bestaan in hierdie twee vorme die beeld van God reflekteer in ’n komplementêre verhouding. In Genesis 2 word verder uitgebrei: Eva word uit Adam geskep as sy “helper wat by hom pas” (Genesis 2:18). Hierdie skeppingsorde impliseer ’n doelbewuste en aanvullende verhouding tussen die geslagte.
Die Bybel erken en bevestig die liggaamlike verskille tussen man en vrou as deur God ontwerp (vgl. Levitikus 18 en 20), naamlik bv. moederskap en vaderskap word as deel van God se skepping gesien en hou verband met geslagsverskille. Die verskillende rolle in die huwelik en gesin is juis gebaseer op hierdie verskille (Efesiërs 5:22–33).
Ten spyte van sommige teoloë se argument dat homoseksualiteit ‘n vraagstuk was in die Ou Testament of ten minste in die Grieks-Romeinse kultuur verband gehou het met die wyse waarop die heidene hulle godsdiens gevier het, het Jesus Christus self bevestig dat daar ‘n godgegewe skeppingsorde is: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie…” (Mattheus 19:4)?
In hierdie artikel fokus ek op een van die tekste wat onder skoot is te midde van die gesprek oor geslagtelikheid, naamlik Romeine 1.
Paulus se gebruik van natuur in Romeine 1 funksioneer op drie vlakke:
- Openbaringsvlak – Die natuur openbaar God aan almal.
- Normatiewe vlak – Die natuur stel ‘n standaard vir menslike gedrag.
- Oordeel– Die verwerping van die natuur soos God dit geskape het bring die oordeel van God.
Moet ons in die letterlike opstanding van Christus glo?
In ’n tyd waar sekularisasie nie net ’n wêreldbeskouing is nie, maar baie mense se manier van dink geword het, word die opstanding van Christus dikwels herinterpreteer as ’n simboliese waarheid of ’n geestelike metafoor. Soos Alan Noble opmerk, is dit nie dat mense aktief teen die idee van ’n opstanding as ‘n wonderwerk gekant is nie, maar dat hulle dit eenvoudig nie as ’n moontlikheid oorweeg nie omdat dit nie met die menslike verstand of die moderne wetenskap wat wil bewys, rym nie. Hierdie sekulêre verbeelding stel ons voor die vraag: Is dit redelik om in die 21ste eeu in die letterlike, liggaamlike opstanding van Jesus Christus te glo?
Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?
Ons staan op die vooraand van Paasfees. Die tema van ‘n Bybelskolingsgeleentheid wat ek onlangs aangebied het, was: Paasfees: Hasies en eiers of ’n rowwe houtkruis?
In hierdie artikel verwerk ek die inhoud en vra wat gebeur het van die vroeg-Christelike kerk se viering van Paasfees tot vandag? Gelowiges word verder opgeroep om die Christelike viering van Paasfees te herwin.
Elke jaar met die aanbreek van die Paastyd vul winkels hul rakke met sjokoladehase, gekleurde eiers, en vrolike versierings. Kinders sien uit na die sogenaamde “paaseier-soektog”, en gesinne beplan lekker kuiergeleenthede. Daar is egter ’n groter vraag wat Christene moet vra: is dít Paasfees? Wat vier ons regtig met hierdie fees? En hoe het ons gekom van ’n graf wat oopgebreek is op ’n Sondagoggend tot ’n paashaas wat eiers bring?
Die Groot Versoendag en sy vervulling in Christus
Ons vier komende naweek Paasfees. Die hoogtepunt van die viering van Paasfees in die Ou Testament was die viering van die Groot Versoendag. Die Groot Versoendag (Hebreeus: Yom Kippur) is die belangrikste dag in die Ou-Testamentiese Joodse kalender. Op hierdie dag verootmoedig die volk hulleself deur te vas en deur onthouding van sekere kosse.
Maar watter betekenis het die Groot Versoendag vir die kerk in die Nuwe Testament en hoe is dit in Christus vervul?
Palmsondag
Vandag vier kerke oor die wêreld Palmsondag. Palmsondag, die laaste Sondag voor Paasfees, verteenwoordig in die geskiedenis van die kerk die aanvang van die heilige week in die Christelike liturgiese kalender. Hoewel die dag tradisioneel meer in die Rooms-Katolieke kerk herdenk word, word dit wel in Protestantse kerke, onder andere in die Lutherse kerk gevier. Hierdie dag herdenk ’n belangrike laaste deel van Christus se aardse bediening, naamlik Sy intog in Jerusalem. Die gebeure van hierdie dag, wat in al vier die Evangelies (Mattheus 21, Markus 11, Lukas 19 en Johannes 12) beskryf word, het plaasgevind teen die agtergrond van politieke spanning, godsdienstige verwagting en die vervulling van Ou-Testamentiese profesieë, spesifiek dié van Sagaria 9:9.
Die bewaring van God se Woord deur die eeue
Die Bybel is nie bloot ‘n versameling ou tekste nie; dit is die geïnspireerde Woord van God wat deur die eeue op ‘n besondere wyse bewaar is. Alhoewel ons nie meer oor die oorspronklike manuskripte van die Bybel beskik nie, getuig die oorblywende handgeskrewe kopieë van ‘n besondere goddelike sorg. Die geskiedenis van hierdie manuskripte bied vir die gelowige en die Bybelstudent ’n kosbare kykie in die wyse waarop God sy Woord bewaar het, sodat dit tot vandag toe gelees en bestudeer kan word.
‘n Kort evaluering van House of David op Amazon Prime
Ek het verlede week die laaste episode in die Amazon-reeks The House of David klaar gekyk en het besluit om iets daaroor te skryf.
Die reeks het my aandag getrek omdat dit die geskiedenis van die laaste dae van die verbrokkelende koningskap van Saul en die salwing van koning Dawid, totdat hy die reus Goliat verslaan, vertel.
Die reeks poog om die geskiedenis van Israel se mees bekende koningshuis aan ‘n moderne gehoor oor te dra, met ’n redelike getroue storielyn en ‘n spanningsvolle politieke agtergrond. Vanuit ‘n teologiese perspektief bied die reeks ‘n ryk geleentheid vir nadenke, maar dit roep ook vrae op oor getrouheid aan die Bybelse teks, die hantering van Bybelse openbaring, en die wyse waarop die messiaanse verwagtinge in die geskiedenis van Dawid verwag sou word.
Wat het van Riebeeck se gelofte en die Dordtse Leerreëls met mekaar te doen?
Ons vier op 6 April Stigtingsdag, wat die koms van Jan van Riebeeck aan die Kaap van Goeie Hoop herdenk.
In hierdie artikel poog ek om ‘n ander invalshoek op die herdenking van die geleentheid te gee, naamlik die vraag: wat die Dordtse Leerreëls te doen het met die herdenking van van Riebeeck se gelofte?
Die gee van tiendes in Gereformeerde perspektief
Die onderwerp van tiendes is vir baie gelowiges ’n saak van geloofsoortuiging en finansiële verantwoordelikheid. Sommige gelowiges gee nie graag tiendes nie, en soek allerhande verskonings om die verantwoordelikheid af te skuif.
Die Teologie van die tafelfees in Lukas
In die kerklike jaar nader ons Paasfees. Paasfees herinner aan twee belangrike tafelfeeste.
– Die tafelfees van die Pasga in die Ou Testament
– Die tafelfees van die Nagmaal in die Nuwe Testament
Tafelfeeste is egter ‘n prominente tema in die Bybel, en kom veral in die evangeliebeskrywing volgens Lukas sterk na vore.
Die Evangelie volgens Lukas bied ‘n unieke venster op die bediening van Jesus, veral in terme van sy interaksies met mense aan tafel. Meer as enige ander evangelis, wys Lukas hoe maaltye ‘n sentrale rol speel in Jesus se bediening, nie bloot as sosiale gebeure nie, maar as teologiese momente waarin die aard van die koninkryk van God geopenbaar word. Die tafelfees word in Lukas aangewend as ’n simbool van gasvryheid, verwelkoming in die koninkryk, en die nuwe gemeenskap wat Jesus vorm rondom sy eie persoon. In hierdie artikel bespreek ek hoe Lukas, deur Jesus se tafelfeespraktyke, ‘n visie van God se koninkryk verkondig—een waarin uitsluiting omgekeer word, sondaars en armes raakgesien word, en sosiale en godsdienstige grense oorskry word.
Verskille tussen die Hebreeuse en Griekse tekste van die boek Ester
Dwarsdeur die kerkgeskiedenis was daar twee bekende weergawes van die boek Ester in gebruik. Die een is die weergawe waarmee óns baie bekend is, naamlik die Hebreeuse weergawe (Masoretiese teks), wat in Bybelvertalings in Protestantse kringe voorkom en wat die oorspronklike weergawe van Ester verteenwoordig. Die ander een is die Griekse weergawe (Septuagint-teks) wat vroeg reeds as teks onder die Jode ná die ballingskap voorgekom het en wat ook deur baie gelowiges deur die eeue heen gelees is.
Die kerk het veel te danke aan die teologie van Cyprianus
Cyprianus was een van die kerkvaders uit Karthago, Noord-Afrika. Dit is vandag geleë in Tunisië. Naas Chrysostomos (347-407 n.C.) en Augustinus (354-430 n.C.), het Cyprianus een van die grootste invloede op die kerkhervormers, onder andere Johannes Calvyn en Martin Bucer, uitgeoefen.
In hierdie artikel bespreek ek die rol wat Cyprianus gespeel het in die formulering van die teologie oor die volharding van die heiliges in die tyd nadat die vervolging van die vroeg-Christelike kerk gestaak is.
Het ons ‘n Roomse Bybel?
Ek kry gereeld die vraag of die Bybel soos ons dit vandag ken, dieselfde een is as wat die vroeg-Christelike kerk gebruik het en of die vroeë kerkvaders dieselfde Kanon geken het as ons?
Daar word veral agterdog veroorsaak omdat die naam van keiser Konstantyn verbind word met die Bybel se aanvaarding. Dan Brown se Da Vinci Code en Baigent & Leigh se Holy Blood, Holy Grail skets Konstantyn as iemand wat die kerk misbruik het om politieke doelwitte te bereik. Hulle beweer dat hy die Sinode van Nicéa in 325 na Christus byeen geroep het onder valse voorwendsels, sodat ons vandag ‘n weergawe van Konstantyn se Bybel het, en nie die een wat in die vroeg-Christelike kerk voor die vierde eeu in gebruik was nie.
In hierdie artikel bespreek ek die vraag of ons ‘n Roomse Bybel het? Lees meer…
Afrikaanse Bybel 90 jaar!
Op Sondag 27 Augustus 1933 is die Afrikaanse Bybel amptelik deur die kerke in gebruik geneem. Ons het op Sondag 23 Augustus 2023 die 90ste herdenking van die Bybel in Afrikaans gevier. Ek is versoek om ‘n oorsig te gee waarom Bybelvertaling vir die kerk belangrik is en hoe die Bybel in Afrikaans tot stand gekom het.
Ek plaas dit ook hier vir wie sou belangstel.
Artikel gepubliseer deur Juig! tydskrif
Editio Critica Maior op Markus
Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.
Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method” (lees hier meer daaroor).
Die Covid inenting en 666
Foto geneem van: goodquestionblog.com
In reaksie op my vorige artikels, is een van die argumente wat ek dikwels teëkom, soortgelyk aan die volgende: “Wat van die waarskuwing in Openbaring 13? Daar staan in vers 16 – 17: “…en hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hul regterhand en op hulle voorhoofde gegee word: sodat niemand kan koop of verkoop nie,…” Is hierdie inenting nie die merk van die dier nie, want mense word reeds verbied om te koop (restaurante, museums, ens)? … Satan gaan mense verlei en hulle gaan die merk gegee word sonder dat hulle weet omdat hulle soos skape agter die massas aanloop.
Selfverdediging in die lig van die Skrif
In hierdie sessie met die professie fokus ek op die voorgestelde wysigings aan die Wet op die beheer van Vuurwapens en veral die voorgestelde wysigings aan afdeling 13 van die wet wat beoog dat selfverdediging as motivering vir die besit van ‘n vuurwapen geskrap moet word. Bybelse beginsels word geweeg teen die werklikheid van die situasie in ons land en die vraag of die kerk by hierdie debatte betrokke moet wees, word aan die orde gestel. Die voorgestelde wysigings raak egter aan ander Bybelse beginsels as net dié van selfverdediging en word kortliks aan die orde gestel.
‘n Oproep tot die herwaardering van Sola Scriptura
Tydens die herdenking van Reformasie-500, het ek ‘n artikel geskryf waarin die oproep tot die herwaardering van die reformatoriese beginsel van Sola Scriptura gevra word. In die lig van die hoeveelste debat oor die gesag van die Skrif en meer onlangs, hoe ons bv. verwysings na manlike aanspreekvorme in die Bybel moet verstaan, plaas ek die artikel hier om ‘n deeltjie by te dra tot die debat oor Skrifgesag en Skrifkritiek, met die fokus daarop dat die Nuwe-Testamentiese studie in nood is vir ‘n herwaardering van die beginsel van Sola Scriptura.
Paasfees – die betekenis van die opstanding van Christus.
Kersboodskap
Kersboodskap op AP Kerk se Facebook blad – 25 Desember 2020
Toewydingsgeleentheid 2020 vertaling
Die bekendstelling, oftewel toewydingsgeleentheid van die 2020 Bybelvertaling, het gister (29 November 2020) in Bloemfontein plaasgevind. Weens die COVID-19 inperkings was slegs ‘n paar medewerkers wat deelgeneem het aan die vertaling teenwoordig. Dit was nietemin ‘n mooi geleentheid.
2020 vertaling met hoofletters: die gebruik van ”Jy” en ”Jou”
Enige leser wat jare lank veral die 1933/53 Bybelvertaling gebruik, sal gou ‘n verskil tussen die bekende teks van dié vertaling en die 2020-vertaling opmerk in terme van die gebruik van die voornaamwoorde ”jy” en ”jou” in plaas van ”u”, veral in die Ou-Testamentiese Messiaanse tekste, maar ook op ander plekke.
2020 vertaling: wêreldbeeld vs. wêreldbeskouing
In antwoord op ‘n onlangse artikel wat my artikel oor die wêreldbeeld van die Ou-Testament aanhaal, enkele opmerkings:
Die skrywer het nie onderskeid getref tussen die ”wêreldbeeld” en die ”wêreldbeskouing” van die Ou-Testamentiese gelowige nie. Ek het nie kommentaar gelewer op die ”wêreldbeskouing” van die Ou Testamentiese gelowige nie, en daarom is die debat hieroor, na my mening, buite konteks en stuur dit die argument in ‘n rigting wat nie deur my geïmpliseer is of geopen is nie.
Die gemelde artikel skep die indruk dat ek sou impliseer dat die Ou-Testamentiese wêreldbeeld ”primitief” is teenoor ons sogenaamde ”wetenskaplike gevorderde wêreldbeeld”, asof ons die antieke mens moet bejammer. Dit is geensins die geval nie.
2020 vertaling: ”oerwater” in Genesis 1:2
In Genesis 1:2 word תהום soos volg vertaal in die verskillende vertalings:
1953 vertaling:
En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
1983-vertaling:
Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
2020-vertaling:
Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater.
Waarom het die 2020-vertaling ”oerwater” in die vertaling?
2020-vertaling: beeld van God of sy verteenwoordiger?
Foto: Geneem by die Kerk van die aankondiging, Bethlehem, Israel, 2019
Kyk na die volgende verse…
In Genesis 1:26 lees ons dat die mens na die beeld van God geskape is.
”En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis… “(1953 vertaling).
Maar lees hoe het die 1983-vertaling die vers vertaal:
”Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld… “(1983-vertaling)
Verwys ’Ĕlōhīm altyd na God in die Bybel?
In Psalm 45:6 en 7 vind ons die Hebreeuse woord ’Ĕlōhīm (God/gode).
Wat het die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling daarmee gemaak?
Kommentaar op Bogaards se 5de artikel op die 2020 Bybelvertaling
Sedert die verskyning van my artikel, Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling en weer Reaksie op Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling, was daar oorweldigende reaksie (sommige positief en sommige negatief) oor Bybelvertalers se betrokkenheid by die 2020 Bybelvertaling. Die kommentaar is van belang vir my as 1) vertaler en deelnemer aan die projek, en 2) een van die verteenwoordigers van die 5 kerke wat betrokke was by die samestelling van die sogenaamde “hooflettervertaling” en 3) as iemand wat sedert die begin van die hooflettervertaling ‘n rol gespeel het. Dit is in die lig van laasgenoemde dat ek graag enkele opmerkings waag.
2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God
Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.
Reaksie op ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”
(Geredigeer op 29 Oktober 2020)
Sedert die publikasie van my mening getiteld: ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”, het ek behoorlik deurgeloop onder die kritiek en kommentaar van links en regs. Dankie vir almal wat boodskappe van dank en ondersteuning gestuur het. Die belangstelling in die onderwerp wys dat daar broeders en susters is wat erns maak met die saak. Die reaksie van sommige bevestig ook hoe nodig dit is dat ons mekaar opskerp in die beginsels van Bybelvertaling, want daar is ongelukkig baie wanopvattings oor die onderwerp in omloop. Ek glo dit is en bly nodig om gesonde debat oor die 2020 vertaling (BDV) te voer.
Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling
Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.
Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.
Reformasie 31 Oktober 1517-2020: John Wycliffe
Tydens die herdenking van die Protestantse Reformasie, word dikwels aandag gegee aan die “groot vyf” se lewens en teologie. In hierdie aanbieding word gekyk na die lewe van een van die voorlopers van die hervorming, John Wycliffe, en die merkwaardige bydrae wat hy gelewer het om die saadjies van die reformasie te plant wat later geboorte sou gee aan dié beweging onder Luther en ander. Wycliffe het veral ‘n bydrae gelewer tot die vestiging van die beginsel dat die Bybel in die taal van die gewone mense vertaal moet word.
Basiese beginsels van Bybelvertaling.
Die vertaling van die Bybel het ‘n lang geskiedenis. Selfs in die tyd van die Ou Testament is vertalings van die Bybel al gemaak. Dit bly ‘n wesenstaak van die kerk omdat die kerk groei vanuit die verkondiging van die Skrif. In hierdie aanbieding word kortliks gelet op ‘n paar belangrike beginsels van Bybelvertaling.
Erediens in afsondering op Pinkstersondag 31 Mei 2020
Pinksterreeks 2020: Die onse Vader gebed Deel 5
As gevolg van die COVID-19 inperkings en die feit dat byeenkomste van die kerk nie toegelaat word nie, word die pinksterreeks hierdie jaar opgeneem en aanlyn beskikbaar gestel. Die tema vir die week is: Ons Vader wat in die hemel is leer ons bid oor alles wat ons nodig het. In die laaste deel luister ons vanaand wat is die betekenis van die woorde: Aan U behoort die koninkryk, en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Luister gerus na hierdie week se pinksterreeks wat ‘n boodskap van troos en bemoediging inhou vir almal van ons.
Seënwense.
Pinksterreeks 2020: Die onse Vader gebed Deel 4
As gevolg van die COVID-19 inperkings en die feit dat byeenkomste van die kerk nie toegelaat word nie, word die pinksterreeks hierdie jaar opgeneem en aanlyn beskikbaar gestel. Die tema vir die week is: Ons Vader wat in die hemel is leer ons bid oor alles wat ons nodig het. In die vierde deel luister ons vanaand wat is die betekenis van die woorde: Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose.
Luister gerus na hierdie week se pinksterreeks wat ‘n boodskap van troos en bemoediging inhou vir almal van ons.
Seënwense.
Pinksterreeks 2020: Die onse Vader gebed Deel 3
As gevolg van die COVID-19 inperkings en die feit dat byeenkomste van die kerk nie toegelaat word nie, word die pinksterreeks hierdie jaar opgeneem en aanlyn beskikbaar gestel. Die tema vir die week is: Ons Vader wat in die hemel is leer ons bid oor alles wat ons nodig het. In die derde deel luister ons vanaand wat is die betekenis van die woorde: Gee ons ons daaglikse brood en vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe…
Luister gerus na hierdie week se pinksterreeks wat ‘n boodskap van troos en bemoediging inhou vir almal van ons.
Seënwense
Pinksterreeks 2020 – Die onse Vader gebed Deel 2
As gevolg van die COVID-19 inperkings en die feit dat byeenkomste van die kerk nie toegelaat word nie, word die pinksterreeks hierdie jaar opgeneem en aanlyn beskikbaar gestel. Die tema vir die week is: Ons Vader wat in die hemel is leer ons bid oor alles wat ons nodig het. In die tweede deel luister ons vanaand wat is die betekenis van die woorde: Laat U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde…
Luister gerus na hierdie week se pinksterreeks wat ‘n boodskap van troos en bemoediging inhou vir almal van ons.
Seënwense
Pinksterreeks 2020: Die onse Vader gebed Deel 1
As gevolg van die COVID-19 inperkings en die feit dat byeenkomste van die kerk nie toegelaat word nie, word die pinksterreeks hierdie jaar opgeneem en aanlyn beskikbaar gestel. Die tema vir die week is: Ons Vader wat in die hemel is leer ons bid oor alles wat ons nodig het. In die eerste deel luister ons vanaand wat is die betekenis van die woorde: Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom…
Luister gerus na hierdie week se pinksterreeks wat ‘n boodskap van troos en bemoediging inhou vir almal van ons.
Seënwense
Prof. Gerrit
Erediens in afsondering 24 Mei 2020 uit Ester 5
Die grendelstaat en onderrig van kinders in die kerk
Erediens in afsondering 17 Mei 2020
Erediens 10 Mei 2020
Die Bybel sê wie nie werk nie, moet nie eet nie.
Wat as ek wil werk, maar die regering sê ek mag nie?
Die belang van die konteks en subteks in Bybelverklaring
Paasfees 2020 – Van die krip na die kruis
Boodskappe van hoop oor COVID-19 inperkings
Ek het onder vlak 5 van die COVID-19 inperkings elke dag ‘n oordenking aangebied, met die doel om te bemoedig in die tyd van inperking. Luister gerus daarna. Dit is hier gelaai.
Pilgrim’s Progress gratis beskikbaar
Ek het reeds vantevore hier berig oor die bekendstelling van John Bunyan se Pilgrim’s Progress. Verlede jaar is die animasiefilm bekend gestel en as deel van die wêreldwye COVID-19 inperkings wat tans 2 biljoen mense in afsondering het, stel hulle die film gratis beskikbaar aan Christene wêreldwyd.
John Bunyan was ‘n predikant wat ongeveer 300 jaar gelede geleef het en in die tronk gegooi is omdat hy geweier het om op te hou om oor Christus te preek. Terwyl hy in die tronk was het hy die boek: The Pilgrim’s Progress geskryf. Sedert die publisering van die boek was die boek nog nooit uit druk nie en naas die Bybel, is Pilgrim’s Progress die boek wat die meeste gelees is ooit.
Dit is werklik ‘n besondere film wat u met vrymoedigheid as gesin kan kyk. Die film vertel die verhaal van ‘n Christen (Christian) wat ontslae probeer raak van sy sorge en oral probeer tot hy uiteindelik die nou pad ontdek na vryheid en verlossing.
Maak gerus gebruik van Revelation Media se gratis aanbod om die film te kyk saam met u gesin.
Die film kan hier afgelaai word en vereis ‘n geldige e-posadres.
The Riot and the Dance film uitgestel weens COVID-19
Vroeër is berig dat The Riot and the Dance ‘n eksklusiewe geleentheid is om God se skepping op ‘n unieke manier te beleef. Ongelukkig is die vertoning wat geskeduleer was vir 15 April 2020 in Pretoria gekanselleer tot verdere kennisgewing weens die totale inperking (“lockdown”) wat geld vanaf 26 Maart 2020-16 April 2020.