Armoede is so oud soos die mensdom self, maar dit bly ’n brandpunt in elke tyd en samelewing. Jesus het gesê ons sal die armes altyd by ons hê (Matt. 26:11). Ten spyte hiervan, het elke tyd en elke geslag ‘n verantwoordelikheid om dié wat minderbevoorreg is, te help. Dit is in besonder die roeping van die kerk, wat die barmhartigheid wat Christus aan ons bewys het, ook aan ander moet wys.
Armoede is ‘n groot ekonomiese probleem, en ongelukkig is dit waar baie ekonome en politici vashaak wanneer hulle oor armoede dink en praat. Luister ons na die Bybel, sien ons armoede is ook ’n morele en geestelike krisis wat die hele gemeenskap raak. Elke geslag probeer om armoede te verstaan en te verlig, maar sonder ’n teologiese raamwerk bly die begrip daarvan oppervlakkig en die oplossings tydelik. Die Bybel kyk nie na armoede as bloot ’n sosiale verskynsel nie, maar as iets wat die verhouding tussen God, die mens en sy naaste weerspieël.
Daar is verskillende oorsake van armoede: sommige lê in politieke- en strukturele onreg, ander in persoonlike gebrokenheid en swak keuses. Suid-Afrika het die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld van 42%, waarvan ‘n skokkende 62.2% van die jeug sonder werk is volgens “World of Statistics”. Die land se werkloosheidsyfer word dikwels deur opportuniste as ‘n politieke speelbal gebruik.
Tog moet ons nie vaskyk in die statistieke, sonder om die oorsake te ondersoek en aan te spreek nie. Soos in die tyd van die Bybel en deur al die eeue heen, moet ons ook kategorieë van armoede daarstel om te bepaal wat die omvang van die probleem is. Sommige mense kan nie werk nie, ander wil werk nie, en nog ander het die wil en die vermoë, maar kry nie die geleentheid nie, soms ook weens regstellende aksie. Daar is dié wat werk, maar steeds nie genoeg het nie, en daar is ook dié wat oorvloed het en daarom ’n besondere verantwoordelikheid dra.

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.
Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Soms kom daar vreemde uitsprake in ons tyd voor, byvoorbeeld die bewering dat “Amen” nie ‘n Bybelse woord is nie en sou verwys na die
In ons tyd word die Bybel en evangelie dikwels behandel asof dit ’n gewone verbruiksartikel of handelsproduk is. Die Here Jesus leer self dat die arbeider sy loon werd is (Lukas 10:7). Daarom kan daar nie fout gevind word met die gebruik dat ‘n leraar deur ‘n gemeente getrakteer word om die Woord van die Here te bedien in ruil vir versorging nie, of dat die Bybel verkoop word in ruil vir die instandhouding van die diens nie. Dit neem egter nooit die verantwoordelikheid van die kerk weg om soos ‘n profeet van ouds die Woord van God te bedien en uit te deel sonder voordeel of vrees nie.
Die Handelinge-boek noem meermale dat die eerste gelowiges “eendragtig volhard het in die gebed” (Hand. 1:14; vgl. ook 2:42, 4:24, 12:5). Dit was dikwels in die konteks van afwagting, tydens vervolging of wanneer ‘n groot sendingpoging aangewend is. Die gebed was nie net individueel in die binnekamer nie, maar ook gesamentlik as gemeente. Dit het dikwels in huise, soms in die tempel, en later tydens die groot vervolging van die kerk, selfs in ruimtes soos katakombes plaasgevind.
Op 20 Mei 2025 vier die Christelike kerke wêreldwyd die 1700ste herdenking van die Geloofsbelydenis van Nicéa. Hierdie belydenis is een van die belangrikste geloofsverklarings in die geskiedenis van die Christendom. Hierdie viering herinner ons aan die betekenis van belydenisskrifte in die oordrag en belydenis van die suiwer leer. Dit herinner ons ook aan die stryd wat in die kerk deur die eeue heen gewoed het om die waarheid van die Evangelie te beskerm teen dwaalleer.
Wanneer die geskiedenis van die kerk onder die vergrootglas geplaas word, word dit gou duidelik dat die lydenspad dikwels oor die weg van gelowiges kom. Die apostels en die leiers van die vroeë kerk moes daagliks die kruis opneem, letterlik en figuurlik. Een so ’n merkwaardige figuur is Polukarpus van Smirna – ’n apostoliese vader, leerling van die apostel Johannes, en ’n martelaar wie se getuienis tot vandag toe in die kerk weerklink. In hierdie artikel bespreek ek die martelaarskap van Polukarpus, soos opgeteken in die brief van die gemeente van Smirna, om dit weer aan die kerk van die 21ste eeu voor te hou as voorbeeld van getrouheid te midde van verdrukking.

