Bybel
Woensdag se Woord: Mattheus 5:23-24
Hersiening van die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
Tydens die afgelope algemene Jaarvergadering van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is kennis gegee dat die 1953-vertaling van die Bybel gedurende 2024 hersien is en binnekort beskikbaar sal wees. Ek het by dié geleentheid versoek om inligting te kry oor die hersiening en wat dit behels het asook watter tekste hersien is. Dit is veral belangrik vir kerke en lidmate wat die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans as amptelike vertaling gebruik, om te weet wat verander is in die hersiening en om kommentaar te kan lewer daarop.
Aangesien ek pas die inligting van die Bybelgenootskap bekom het, volg hier onder ‘n oorsig oor die belangrikste verskille en ooreenkomste tussen die 1953-vertaling soos ons dit tans ken teenoor die 1953-hersiening van die Bybel in Afrikaans.
Woensdag se Woord: Exodus 1:17
Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek
Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.
Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).
Die herwinning van die klassieke Christelike tradisie in die onderwys
Die AP Akademie tree as Vaandelborg vir Kragdag 2025 op wat DV 7-9 Augustus 2025 plaasvind. Hiérdie artikel is ‘n meer uitgebreide bespreking van ‘n artikel met dieselfde titel wat later vanjaar in Kragdag se Nuusblad sal verskyn.
Opsomming: Hierdie artikel ondersoek die herwinning van die klassiek-Christelike tradisie (KCT) binne die moderne onderwysstelsel. Die KCT verbind klassieke filosofie met Christelike teologie en beklemtoon die vorming van die hele mens, naamlik die verstand, hart en siel, deur ’n liefde vir waarheid, goedheid en skoonheid by die student te kweek. Binne hierdie benadering, word onderwys gesien as ‘n roeping, waar die onderwyser of dosent as “paidagogos” die student begelei tot karaktervorming en ontdekking van hul roeping, eerder as net kennis oordrag. Die artikel plaas hierdie benadering in kontras met uitkomsgebaseerde onderwys (UGO), wat leerdergesentreerd is, fokus op meetbare uitkomste, en die illusie bevorder dat alle leerders gelyke resultate kan behaal. Aangesien die UGO-stelsel oorheersend is, word voorgestel dat die gees van die KCT herstel word binne bestaande strukture. Dit behels praktyke soos die gebruik van klassieke tekste, estetiese vorming, en gesprekke oor die betekenis van waarheid, goedheid en skoonheid. Die pedagoog moet self as model van deug optree. Die artikel eindig met die siening dat ware opvoeding die vorming van die siel is, nie net akademiese prestasie behels nie. Onderwys word so ’n daad van geestelike en morele begeleiding tot volwassenheid.
‘n Eeue-oue vraag: Waarom doop ons kinders?
Ons leef in ’n tyd waarin Bybelse gebruike en kerklike tradisies dikwels bevraagteken word. Een van hierdie vraagtekens handel oor die doop van kinders. Dit is ‘n vraag wat sedert die beginjare van die Christelike kerk gevra word en wat dikwels in ons tyd herhaal word wanneer mense vra: Moet ‘n persoon nie eers tot geloof kom voordat hulle gedoop word nie?
Woensdag se Woord: Genesis 1:1-3
Waar kom die gebruik van bidure vandaan?
Die Handelinge-boek noem meermale dat die eerste gelowiges “eendragtig volhard het in die gebed” (Hand. 1:14; vgl. ook 2:42, 4:24, 12:5). Dit was dikwels in die konteks van afwagting, tydens vervolging of wanneer ‘n groot sendingpoging aangewend is. Die gebed was nie net individueel in die binnekamer nie, maar ook gesamentlik as gemeente. Dit het dikwels in huise, soms in die tempel, en later tydens die groot vervolging van die kerk, selfs in ruimtes soos katakombes plaasgevind.
Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (2) – Ester
Ester se verhaal staan soos ’n vlam van hoop in ‘n donker, ongehoorsame wêreld. Sy tree nie op in ‘n tyd van wonderwerke of profetiese visioene nie. Inteendeel, die boek wat haar naam dra, noem nie eers die Naam van God nie. Maar juis hierin lê die krag van die getuienis van die boek Ester. Ester wys vir ons dat die Heilige Gees nie net werk in dramatiese openbarings nie, maar ook in die stil vasberadenheid van ’n vrou wat gehoorsaam is in tye van krisis.
Die bewaring van God se Woord deur die eeue
Die Bybel is nie bloot ‘n versameling ou tekste nie; dit is die geïnspireerde Woord van God wat deur die eeue op ‘n besondere wyse bewaar is. Alhoewel ons nie meer oor die oorspronklike manuskripte van die Bybel beskik nie, getuig die oorblywende handgeskrewe kopieë van ‘n besondere goddelike sorg. Die geskiedenis van hierdie manuskripte bied vir die gelowige en die Bybelstudent ’n kosbare kykie in die wyse waarop God sy Woord bewaar het, sodat dit tot vandag toe gelees en bestudeer kan word.
‘n Kort evaluering van House of David op Amazon Prime
Ek het verlede week die laaste episode in die Amazon-reeks The House of David klaar gekyk en het besluit om iets daaroor te skryf.
Die reeks het my aandag getrek omdat dit die geskiedenis van die laaste dae van die verbrokkelende koningskap van Saul en die salwing van koning Dawid, totdat hy die reus Goliat verslaan, vertel.
Die reeks poog om die geskiedenis van Israel se mees bekende koningshuis aan ‘n moderne gehoor oor te dra, met ’n redelike getroue storielyn en ‘n spanningsvolle politieke agtergrond. Vanuit ‘n teologiese perspektief bied die reeks ‘n ryk geleentheid vir nadenke, maar dit roep ook vrae op oor getrouheid aan die Bybelse teks, die hantering van Bybelse openbaring, en die wyse waarop die messiaanse verwagtinge in die geskiedenis van Dawid verwag sou word.
Verskille tussen die Hebreeuse en Griekse tekste van die boek Ester
Dwarsdeur die kerkgeskiedenis was daar twee bekende weergawes van die boek Ester in gebruik. Die een is die weergawe waarmee óns baie bekend is, naamlik die Hebreeuse weergawe (Masoretiese teks), wat in Bybelvertalings in Protestantse kringe voorkom en wat die oorspronklike weergawe van Ester verteenwoordig. Die ander een is die Griekse weergawe (Septuagint-teks) wat vroeg reeds as teks onder die Jode ná die ballingskap voorgekom het en wat ook deur baie gelowiges deur die eeue heen gelees is.
Die kerk het veel te danke aan die teologie van Cyprianus
Cyprianus was een van die kerkvaders uit Karthago, Noord-Afrika. Dit is vandag geleë in Tunisië. Naas Chrysostomos (347-407 n.C.) en Augustinus (354-430 n.C.), het Cyprianus een van die grootste invloede op die kerkhervormers, onder andere Johannes Calvyn en Martin Bucer, uitgeoefen.
In hierdie artikel bespreek ek die rol wat Cyprianus gespeel het in die formulering van die teologie oor die volharding van die heiliges in die tyd nadat die vervolging van die vroeg-Christelike kerk gestaak is.
Editio Critica Maior op Markus
Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.
Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method” (lees hier meer daaroor).
Toewydingsgeleentheid 2020 vertaling
Die bekendstelling, oftewel toewydingsgeleentheid van die 2020 Bybelvertaling, het gister (29 November 2020) in Bloemfontein plaasgevind. Weens die COVID-19 inperkings was slegs ‘n paar medewerkers wat deelgeneem het aan die vertaling teenwoordig. Dit was nietemin ‘n mooi geleentheid.
Kommentaar op Bogaards se 5de artikel op die 2020 Bybelvertaling
Sedert die verskyning van my artikel, Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling en weer Reaksie op Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling, was daar oorweldigende reaksie (sommige positief en sommige negatief) oor Bybelvertalers se betrokkenheid by die 2020 Bybelvertaling. Die kommentaar is van belang vir my as 1) vertaler en deelnemer aan die projek, en 2) een van die verteenwoordigers van die 5 kerke wat betrokke was by die samestelling van die sogenaamde “hooflettervertaling” en 3) as iemand wat sedert die begin van die hooflettervertaling ‘n rol gespeel het. Dit is in die lig van laasgenoemde dat ek graag enkele opmerkings waag.
2020 Bybelvertaling – Hebreeuse name van God
Ek het pas my kopie van die 2020 vertaling (met hoofletters) ontvang. Voor in die Bybel word ‘n oorsig gegee van die bekende Ou-Testamentiese name van God in Hebreeus en die Afrikaanse vertaling daarvan. Met die eerste oogopslag vind die leser dat die Hebreeuse teks van links na regs getik is (wat natuurlik nie korrek is nie). Ek vind voor in die Bybel ‘n los blaadjie met errata, maar daar word nie melding gemaak van die feit dat die Hebreeuse teks verkeerd is nie. Ek het wel bevestiging dat die BSA bewus is van die fout. Ek gee vervolgens die korrekte name hier.
Reaksie op ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”
(Geredigeer op 29 Oktober 2020)
Sedert die publikasie van my mening getiteld: ”Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling”, het ek behoorlik deurgeloop onder die kritiek en kommentaar van links en regs. Dankie vir almal wat boodskappe van dank en ondersteuning gestuur het. Die belangstelling in die onderwerp wys dat daar broeders en susters is wat erns maak met die saak. Die reaksie van sommige bevestig ook hoe nodig dit is dat ons mekaar opskerp in die beginsels van Bybelvertaling, want daar is ongelukkig baie wanopvattings oor die onderwerp in omloop. Ek glo dit is en bly nodig om gesonde debat oor die 2020 vertaling (BDV) te voer.
Babelse verwarring oor die 2020 Bybelvertaling
Teen die einde van November 2020 word die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling na verwagting vrygestel. Daar was vir lank ‘n proefvertaling hiervan beskikbaar, maar dit is nie die amptelike finale vertaling nie. Die finale produk word eersdaags vrygestel.
Dit is om dié rede te verwagte dat daar teen hierdie tyd weer talle gerugte die rondte sal doen op sosiale media om dié Bybelvertaling te bevraagteken en verwarring onder kerklidmate én kerklose Afrikaners te skep.
Basiese beginsels van Bybelvertaling.
Die vertaling van die Bybel het ‘n lang geskiedenis. Selfs in die tyd van die Ou Testament is vertalings van die Bybel al gemaak. Dit bly ‘n wesenstaak van die kerk omdat die kerk groei vanuit die verkondiging van die Skrif. In hierdie aanbieding word kortliks gelet op ‘n paar belangrike beginsels van Bybelvertaling.
Afrikaanse Bybel vandag 85 jaar gelede in gebruik geneem
Ons lees vandag die Bybel in Afrikaans. So ‘n vertaling het nie sommer oornag ontstaan nie. Die “dringende behoefte aan ‘n Bybel in Afrikaans” is reeds in 1872 in ‘n artikel deur Arnolus Pannevis bepleit. Op 27 Augustus 1933 is die eerste amptelike vertaling van die Bybel in Afrikaans in gebruik geneem tydens ‘n feestelike geleentheid in Bloemfontein. Vandag 85 jaar gelede!
En vandag is daar steeds werk aan Bybelvertalings in Afrikaans nodig. Die vertaling van die Bybel is ’n deurlopende taak van die kerk. Dit sal altyd tot by die wederkoms so wees dat die Bybel vertaal word. Alle tale verander met verloop van tyd. Daarom is dit nodig dat die Bybel voortdurend vertaal word. Ons kennis van die Bybelse tale verbeter en dit gee ons nuwe insigte in die verstaan van die Bybel. Bybelvertalings is nie volmaak nie, omdat dit mense is wat die vertaalwerk doen, en daarom is daar altyd moontlikhede om iets wat vertaal is beter te vertaal.
Ons is dankbaar dat die Vader dit so beskik het dat ons vandag 85 jaar van Bybelvertaling in Afrikaans kan vier en hoop dat die Bybel in Afrikaans nog deur die geslagte wat kom gelees en waardeer sal kan word.
Nuwe tendense en moontlikhede in die studie van die grondteks van die Nuwe Testament
Tydens ‘n Simposium aan die einde van Januarie ter viering van die Reformasie 500 in 2017, het ek ‘n referaat gelewer oor nuwe tendense en moontlikhede in die studie van die grondteks van die Nuwe Testament. In die referaat word oorsigtelik gekyk na verskillende tekstradisies van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek.
God se Woord in Grieks
Gister was internasionale Septuagint-dag. Die ontstaan van die Griekse vertaling van die Ou Testament, bekend as die Septuagint (LXX), moet verstaan word teen die agtergrond van die 3de eeu voor Christus en die gebeure in Aleksandrië, Egipte. Hoewel Hebreeus steeds deur die Jode in Palestina gepraat was, was Grieks reeds vir etlike dekades die spreektaal van die Jode in Aleksandrië, wat in Egipte gevestig het as gevolg van die diaspora (verstrooiing) onder die Assiriese ballingskap. Continue reading
Bar-abbas of Bar-Abba?
Die kerk preek nie ‘n stelsel nie, maar ‘n Persoon – nie ‘n mooi voorbeeld nie, maar ‘n lewensveranderende navolging.
Het jy geweet?
In Lukas 23:13-25 word hierdie werklikheid op ‘n treffende wyse deur Lukas beskrywe in die gebeure kort voor die kruisiging van die Here Jesus in die vrylating van Barabbas in plaas van Christus. As Pilatus dan oortuig is van Christus se onskuld soos hy ewe vroom verklaar, waarom laat hy Hom nie gaan nie? Die antwoord is voor-die-hand-liggend. Let op die fyn wyse waarop die Woord sinspeel op die plaasvervanging van Christus in die gedeelte in Lukas 23. Continue reading
P.72 en P.75 nou aanlyn beskikbaar
Ek weet dis nie almal se liefde nie, maar vir dié van ons wat belangstel in die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek is die beskikbaarstelling van nuwe manuskripte van die Nuwe Testament altyd goeie nuus.
Hoewel die majuskel-fragmente van papirus 72 (P.72) en papirus 75 (P. 75) nie nuut is in die studie van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek nie, was dit tot onlangs toe slegs in manuskripvorm beskikbaar en was toegang tot die oorspronklike uiters beperk.
P.72 en P. 75 is egter onlangs aanlyn beskikbaar gestel en is nou beskikbaar vir aflaai en studie vir enige een wat belangstel daarin.
Die skakel om P.72 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Bodmer.VIII
Die skakel om P. 75 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Hanna.1(Mater.Verbi)
Lekker lees.
GDS