Ek het groot geword met die idee dat huise in die tyd van die Nuwe Testament ‘n onderste vlak in die huis of ‘n kamer gehad het waar die diere aangehou was. Ek het later in my studies besef dat dit nie so was nie. Dit sou binne die konsep van reinheid in die antieke wêreld totaal onaanvaarbaar wees en dit sou ook baie onhigiënies gewees het. Nou hoe moet ons dan die geboorte van Jesus in die stal in Bethlehem verstaan? Continue reading
Kersfees
Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?
deur Prof. Gerrit Smit
Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?
Paassondag konfronteer elke reg-denkende mens met ‘n historiese aanspraak wat moeilik is om te verduidelik: Jesus van Nasaret, wat op die Vrydag gekruisig is onder Pontius Pilatus, en werklik gesterf het, het op die derde dag liggaamlik uit die dood opgestaan. Deur al die eeue het die kerk dit verkondig en mense het nie gesukkel om dit te glo nie, omdat daar ‘n natuurlike aanvoeling was dat daar naas die sigbare dinge, ook ‘n onsigbare werklikheid bestaan.
Die skuif in denke oor die onsigbare werklikheid het nie oornag gebeur nie. Dit het stadig gegroei deur die tydperk van die Verligting (17de-18de eeu) en toe dramaties sigbaar geword in die Franse Revolusie (laat 18de eeu). Wat voorheen as ’n gegewe aanvaar is, naamlik dat God, engele en die geestelike wêreld werklik bestaan, was toenemend bevraagteken en uiteindelik vervang, sodat “wetenskap” mettertyd beskou was as “die dinge wat mens kan meet en sien”. Sedertdien word van die geesteswetenskappe as “sagte wetenskappe” gepraat en die natuurwetenskappe as “harde wetenskap”. Die probleem is egter dat sulke definisies ‘n fundamentele vertrekpunt neem dat slegs die tydelike dinge werklik is en die onsigbare dinge nie bestaan nie.
Van Adam tot Advent
Hierdie video volg die Bybelse lyn van Adam tot Advent. Dit wys hoe Genesis nie net ’n skeppingsverhaal is nie, maar Israel se herdefinisie van menswaardigheid en identiteit. Deur die Hebreeuse teks en die wêreld van antieke Egipte te verstaan, sien ons die betekenis van die die mens wat in God se beeld geskape is, hoe daardie beeld geskend is, en hoe God se antwoord nie wraak nie, maar genade is. Advent word hier verstaan as die voortsetting van daardie verhaal: God wat self kom soek, herstel en herskep in Christus, die laaste Adam.
Geseënde Christusfees!
Woensdag se Woord – Jesaja 65:24

Die herkoms en betekenis van Advent

Advent word aan die einde van die jaar, gewoonlik die laaste 4 weke voor Kersfees gevier. Maar in die kerklike ritme, is dit die begin van die kerkjaar. Van Kersfees af, volg ons die aardse bediening van Christus tot Paasfees waar ons die Lydensweg, dood, opstanding en hemelvaart van Christus herdenk.
Hierdie artikel handel oor die herkoms en betekenis van Advent.
Woensdag se Woord – Genesis 14:18-19

Chanoekka se betekenis vir die Christen

In hierdie artikel word die betekenis van die Chanoekka, of die Fees van die Ligte, verduidelik. Vir Christene dui dit op die oorwinning van lig oor duisternis, die herstel van ware aanbidding, en Christus as die vervulling van die tempel en die voortdurende bron van God se lig in die wêreld.
Kersboodskap
Kersboodskap op AP Kerk se Facebook blad – 25 Desember 2020

