Woensdag se Woord: 1 Kronieke 28:9

Ester: Gebore vir ‘n tyd soos hierdie

Ek is dankbaar om aan te kondig:

Die volgende publikasie – Gebore vir ‘n tyd soos hierdie. ‘n Kommentaar op die boek Ester is op 26 Januarie 2026 vrygestel deur Lig in Duisternis-uitgewers.

Die publikasie verskyn onder outeurskap en redaksie van myself en ds. Schalk Strauss, met verskeie teoloë as medewerkers. Die publikasie gee ‘n gereformeerde perspektief op die boek Ester en fokus onder andere op die verklaring, apokaliptiek, etiek, praktiese toepassings en navorsingsgeskiedenis van dié Ou-Testamentiese boek. Daar word ook in diepte lig gewerp op die verskillende weergawes van Ester in die Masoretiese teks in vergelyking met die Septugaint se Griekse weergawe en apokriewe byvoegings.

Een van die uitnemende kenmerke van die publikasie, is dat daar nie met ‘n histories-kritiese vertrekpunt wat so algemeen in moderne teologiese werke voorkom, gewerk word nie, maar die hele boek werk vanuit die teologiese vertrekpunt van Ester as kanonieke boek wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, en derhalwe deel is van die hele Bybelse heilsgeskiedenis en die uiteindelike vervulling in Christus.

Die publikasie is in sagteband te koop by hierdie skakel en sal ook binnekort beskikbaar wees in e-boek formaat by Amazon Kindle.

“Gebore vir ‘n tyd soos hierdie” word aanbeveel vir leraars en lidmate wat die boek Ester wil bestudeer vanuit ‘n behoudende, reformatoriese perspektief.

Bybelvertaling-reeks Deel 8

In deel 8 van die reeks oor Bybelvertaling deur die eeue, word gefokus op die ontstaan van die 1933 Bybelvertaling in Afrikaans en die faktore wat gelei het tot die 1953 hersiening, wat bekend geword het in kerklike kringe as die 1933/53 Afrikaanse Bybelvertaling.

Enkele opmerkings oor Stephan Joubert se beskouing oor man en vrou se rol

Op 15 Januarie 2026 het prof. Stephan Joubert ‘n dokument op sy Facebook-blad geplaas met die titel: Is mans en vroue regtig gelyk? Kantlynaantekeninge oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament. Op die oog af lyk dit na nog ‘n perspektief op die sosiale rolle van mans en vroue in die Bybel. Tog is daarin ‘n dieperliggende sosiale kommentaar op die vraag oor die plek van vroue in die kerk veronderstel.

Ek het die volgende dokument geskryf uit ’n behoefte om groter teologiese helderheid te bring in ’n gesprek wat tans maklik verskuif van Skrifondersoek na kulturele druk.

Daar bestaan ’n duidelike gevaar dat geldige sosiaal-historiese insigte normatief gemaak word, sonder voldoende rekenskap van die Skrif se eie interne orde. Wanneer statusgelykheid in Christus onkrities vertaal word na rol-identiteit in die kerk, word ’n hermeneutiese skuif gemaak wat nie vanselfsprekend deur die Bybel self geregverdig word nie.

Kortom, die doel van hierdie dokument is nie om kritiek uit te lok nie, maar aan te toon dat die huidige debat oor manlike en vroulike rolle nie net ’n vraag oor kultuur of geregtigheid is nie, maar ’n diep teologiese vraag oor skeppingsorde, amp en die gesag van die Skrif. Die doel is om die gesprek terug te bring na ’n Skrifgebonde, gereformeerd-verantwoordelike grondslag, voordat normatiewe gevolgtrekkings gemaak word.

Jy kan my opmerkings hier lees:

GDS Smit se opmerkings oor: “Sosiale rolle in die Bybel”

Belasting in die antieke wêreld

Foto: Romeinse reliëf wat ’n sensus en administratiewe registrasie uitbeeld, ’n kernpraktyk waarop Romeinse belasting gehef is (in openbare domein beskikbaar – Wikimedia Commons)

Niemand hou van belasting nie

Mense was nog nooit baie gretig om belasting te betaal nie. Dit was so in die antieke wêreld en dit is steeds so vandag. Sodra ’n owerheid aan iemand se inkomste, grond of besittings raak, ontstaan daar vrae oor die bestuur daarvan, wantroue oor die aanwending en soms openlike weerstand. Belasting raak immers altyd nie net iemand se geld nie, maar is ook ‘n kragtige wapen om gesag af te dwing, regverdigheid te toets en vertroue te bewys, of te verloor.

Continue reading

Woensdag se Woord: Lukas 7:8-9

Sonder gereelde kerkbywoning, groei jy nie in die geloof nie

Waarom die Bybel geen ruimte laat vir geïsoleerde Christene nie

Een van die mees populêre aannames in ons tyd is dat geloof iets persoonliks is wat jy op jou eie kan uitleef. Jy kan glo sonder om deel te wees van ‘n kerk. Jy kan geestelik groei sonder die las om op ‘n Sondag vroeg op te staan. Dit is ‘n onbybelse idee.

Inteendeel, die Bybel gaan uit van die teenoorgestelde. Geloof groei binne ’n liggaam, nie in isolasie nie. Sonder gereelde kerkbywoning en aktiewe deelname aan die gemeente, stagneer geloof, al is die bedoelings opreg.

YouTube kerk is nie kerk nie.

Lees meer…