Die invloed van die Alexandrynse tekstradisie op Konstantyn se 50 Bybels in die vierde eeu

Hoe het ‘n Alexandrynse teks by Konstantinopel uitgekom, en wat het dit met die Bisantynse teks te doen? Hierdie artikel volg hoe die Griekse Nuwe Testament met drie stede in verband staan, naamlik Alexandrë, Konstantinopel en Antiochië. 

Omstreeks 231 n.C. moes Origenes ná ‘n konflik met biskop Demetrius uit Alexandrië vertrek. Hy het hom in Caesarea Maritima gevestig en sy manuskripte saamgebring. Pamphilus, en later Eusebius, het daar ‘n biblioteek gebou waarin die Alexandrynse teks verteenwoordig is.

Omstreeks 331 n.C. het keiser Konstantyn vyftig Bybels vir die kerke van sy nuwe hoofstad by Eusebius bestel. Konstantinopel het toe nog nie ‘n eie manuskriptradisie gehad nie, en daarom is die eerste kerkbybels van die stad waarskynlik uit Caesarea se biblioteek oorgeskryf. Die artikel bespreek die vraag of Codex Sinaiticus en Codex Vaticanus met hierdie bestelling verband hou?

Die artikel bied die hipotese aan dat die Bisantynse teks nie in isolasie ontstaan het nie, maar eerder gegroei het vanuit die Alexandrynse tekste wat gebring is na Caesarea. Later is  Antiocheense tekste uit die kring van Chrysostomos in die liturgie van die hoofstad bygevoeg. 

Vroeë Egiptiese papiri toon dat sommige “Bisantynse” lesings ouer is as wat oorspronklik gedink is. Die argument is voorts dat die Alexandrynse teks wat Origenes na Caesarea gebring het, nie ‘n ander teks as die Bisantynse teks was nie, maar een van die bronne waaruit die Bisantynse tekstradisie ontstaan het.

 

Jy kan die artikel hier aflaai of by Academia.edu.