Ontologie: dood as poort na die lewe

In die Maart 2026-uitgawe van die AP Kerk se amptelike blad, Die Boodskapper, het ek die hoofartikel geskryf met die titel: Ontologie: Dood as poort van die sigbare- na die onsigbare werklikheid.

In hierdie video, neem ek die hoofgedagtes daarvan en bespreek die vraag verder, deur te gesels oor die moeilike tema wat mense graag vermy, naamlik die dood as poort na die lewe in die Christelike beskouing van die werklikheid.

Bybelvertaling deel 9 – Hoofletters in die Messiaanse tekste van die 2020-vertaling

In hierdie negende deel van die reeks oor Bybelvertaling kyk ons na die debat rondom hoof- en kleinletters in die Ou Testament en hoe dit in die verskillende uitgawes van die 2020-Bybelvertaling hanteer is. Ons vra ook: waarom is dit vir baie gelowiges belangrik? Wat sê dit oor ons verstaan van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament? En hoe raak ’n lettter ons hermeneutiek en uiteindelik ons belydenis?

Die teologie van blokketting-tegnologie

Die AP Akademie bied die volgende Kortkursus aan:
Die teologie en praktyk van blokketting-tegnologie, met fokus op Bitcoin
Aanbieder: prof. Gerrit Smit
Departement Nuwe Testament | Publieke Teologie

Die ekonomie verander. Tegnologie verander. Die vraag is: hoe moet die kerk daaroor dink?

Blokketting-tegnologie en digitale geldstelsels, soos Bitcoin, beïnvloed reeds die wêreldekonomie op terreine wat vroeër ondenkbaar was. Inflasie, fiskale onsekerheid en toenemende sentralisering roep nuwe vrae op oor Christene se beskouing oor rentmeesterskap, mag, vertroue en verantwoordbaarheid. Hierdie kortkursus help jou om Skrifgetrou te dink oor die kerk se roeping en die Bybel se antwoorde op ekonomiese kwessies van die dag.

Continue reading

TikTok Teologie

Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.

Continue reading

Korinthe en die kerk te midde van die kultuuroorlog

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die antieke stad Korinthe.

Korinthe neem ’n unieke plek in die Nuwe Testament in. Dit is een van die stede waarin die apostel Paulus meerderheid van sy tyd gewoon en gewerk het, en ook in besonder ‘n stad wat  vir die verspreiding van die evangelie baie sentraal was. Ons weet ook vanuit die briewe van Paulus dat dit ‘n uitdagende omgewing was met heelwat vrae en probleme in die gemeente.  

Om Korinthe reg te verstaan, help om die spanninge en uitdagings van die vroeë Christene in praktyk te sien. Die stad funksioneer as ’n soort steekproef waarin die implikasies van die evangelie vir ’n kosmopolitiese-, moreel verwarde- en sosiaal uiteenlopende samelewing sigbaar word.

Continue reading