‘n Evaluering van die inleidings op die Bybelboeke in die 2020-vertaling

Opsomming:

Hierdie artikel bied ’n kritiese evaluering van die boekinleidings in die 2020-Afrikaanse Bybelvertaling (Die Bybel: Direkte Vertaling) vanuit ’n reformatoriese teologiese perspektief. Hoewel die vertaling self bedoel is om ‘n formele ekwivalente vertaling te wees wat die oorspronklike Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste so noukeurig moontlik weergee, weerspieël die gepaardgaande inleidings ’n metodologiese benadering wat teologiese vrae oproep. Die artikel begin deur ’n reformatoriese Skrifbeskouing uiteen te sit. Teen hierdie agtergrond ondersoek ek die onderliggende aannames en metodes wat in die inleidings gebruik word, veral die invloed van die histories-kritiese metode, insluitend bronnekritiek, redaksiekritiek en teorieë oor literêre ontwikkeling. Die artikel voer aan dat hierdie benaderings hulle oorsprong het in metodologiese voorveronderstellings wat dikwels in spanning staan met die selfgetuienis van die Skrif en die getuienis van die Nuwe Testament. Verder word die breër teologiese implikasies van hierdie verskuiwing uitgelig, waaronder die verswakking van Skrifgesag en die herdefiniëring van Skrifopenbaring as ’n produk van historiese ontwikkeling.

 

Abstract:

This article offers a critical evaluation of the book introductions in the 2020 Afrikaans Bible translation (Die Bybel: Direkte Vertaling) from a Reformed theological perspective. While the translation itself aims at formal equivalence and remains closely aligned with the original Hebrew, Aramaic, and Greek texts, the accompanying introductions reflect a methodological approach that raises theological concerns. The analysis begins by outlining a Reformed doctrine of Scripture. Against this backdrop, the study examines the underlying assumptions and methods employed in the introductions, particularly the influence of the historical-critical method, including source criticism, redaction criticism, and theories of literary development. The article argues that these approaches are driven by methodological presuppositions that often stand in tension with the self-testimony of Scripture and the witness of the New Testament. Furthermore, it highlights the broader theological implications of this shift, including the weakening of scriptural authority and the redefinition of revelation as a product of historical development.

Die artikel is hier beskikbaar: https://www.academia.edu/165789918/Kritiese_evaluering_van_die_inleidings_op_die_2020_Bybelvertaling

Nicea 1700: waar staan ons tans?

Die herdenking van die 1700ste jaar sedert die Konsilie van Nicéa (325 n.C.), het vanjaar verskeie geleenthede gebied om die kern van die Christelike geloof weer te oordink en te bely.

Hierdie referaat, wat ek aangebied het tydens die Gereformeerde Konvent van die Koinonia-Sinode op 25–26 September 2025, ondersoek die historiese- en teologiese betekenis van Nicéa en vra watter implikasies dit vir die kerk van vandag inhou? Dit ondersoek ook die faktore wat aanleiding gegee het tot die Skrifkritiek, wat die Skrif en die waarheid van die belydenisse van die kerk bevraagteken.

Continue reading

Bybelvertaling Deel 5: Die Waldense

In hierdie 5de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die Waldense wat gevestig was in die berge van die Alpe en die Bybel in Frans gepreek en vertaal het in ‘n tyd toe slegs Latyn in die kerk toegelaat is.

Bybelvertaling Deel 4: Die bydrae van Johannes Hus

In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling:    • Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis  

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het:    • Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…  

Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie:    • Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe  

Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek

Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse  Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.

Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).

Lees verder…

Moet ons in die letterlike opstanding van Christus glo?

In ’n tyd waar sekularisasie nie net ’n wêreldbeskouing is nie, maar baie mense se manier van dink geword het, word die opstanding van Christus dikwels herinterpreteer as ’n simboliese waarheid of ’n geestelike metafoor. Soos Alan Noble opmerk, is dit nie dat mense aktief teen die idee van ’n opstanding as ‘n wonderwerk gekant is nie, maar dat hulle dit eenvoudig nie as ’n moontlikheid oorweeg nie omdat dit nie met die menslike verstand of die moderne wetenskap wat wil bewys, rym nie. Hierdie sekulêre verbeelding stel ons voor die vraag: Is dit redelik om in die 21ste eeu in die letterlike, liggaamlike opstanding van Jesus Christus te glo?

Lees meer…

Het ons ‘n Roomse Bybel?

Ek kry gereeld die vraag of die Bybel soos ons dit vandag ken, dieselfde een is as wat die vroeg-Christelike kerk gebruik het en of die vroeë kerkvaders dieselfde Kanon geken het as ons?

Daar word veral agterdog veroorsaak omdat die naam van keiser Konstantyn verbind word met die Bybel se aanvaarding. Dan Brown se Da Vinci Code en Baigent & Leigh se Holy Blood, Holy Grail skets Konstantyn as iemand wat die kerk misbruik het om politieke doelwitte te bereik. Hulle beweer dat hy die Sinode van Nicéa in 325 na Christus byeen geroep het onder valse voorwendsels, sodat ons vandag ‘n weergawe van Konstantyn se Bybel het, en nie die een wat in die vroeg-Christelike kerk voor die vierde eeu in gebruik was nie.

In hierdie artikel bespreek ek die vraag of ons ‘n Roomse Bybel het? Lees meer…

‘n Oproep tot die herwaardering van Sola Scriptura

Tydens die herdenking van Reformasie-500, het ek ‘n artikel geskryf waarin die oproep tot die herwaardering van die reformatoriese beginsel van Sola Scriptura gevra word. In die lig van die hoeveelste debat oor die gesag van die Skrif en meer onlangs, hoe ons bv. verwysings na manlike aanspreekvorme in die Bybel moet verstaan, plaas ek die artikel hier om ‘n deeltjie by te dra tot die debat oor Skrifgesag en Skrifkritiek, met die fokus daarop dat die Nuwe-Testamentiese studie in nood is vir ‘n herwaardering van die beginsel van Sola Scriptura.

Volg hierdie skakel na die artikel.