Die mens staan in verhouding tot God, die skepping en die medemens.
Ons leef egter in ’n tyd waar mense eerder vra: Wat kry ek hieruit? en: Hoe help dit my?
Die Christelike godsdiens stel ’n ander vraag: Wat kan ek gee, omdat Christus sy lewe aan my gegee het? Die Bybel stel ‘n belangrike beginsel aan elke Christen in Handelinge 20:35 – “Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang”.
Hierdie week herdenk ons Paasfees. Dit vra van ons selfondersoek en ‘n persoonlike ontleding van die vraag: Gee ek meer as wat ek neem? Dit geld op al die terreine van ‘n mens se verhoudingsdriehoek.


Jy trek soggens aan sonder om daaroor te dink. Tog sê jou klere reeds iets oor jou voor jy ’n woord kan praat.
Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.


