Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Daar is ’n groot verskil tussen om Gereformeerd te wees en om reformerend te wees. Die een is in die verlede tyd, die ander een is ’n werkwoord. Die een verwys na iets wat eenmaal gebeur het, die ander na iets wat steeds moet gebeur. In die woord “ge-reformeerd” lê daar iets van ’n afgehandelde gedagte: die gevoel dat alles klaar is, dat ons reeds die waarheid het, en dat ons nou net moet bewaar wat daar is. Maar in die woord reformerend lê daar beweging. Dit dui op ’n aksie wat voortdurend deur die Woord van God gevorm en herskep word.

Die leer van die wegraping soos dit in baie populêre charismatiese- en dispensasionele kringe verstaan word, naamlik dat Christus geheimsinnig kom om die gelowiges van die aarde weg te neem (weg te raap) voor of tydens ’n toekomstige groot verdrukking, is nie ’n suiwer Bybelse of gereformeerde beskouing nie. Dit berus eerder op ’n spesifieke eskatologiese raamwerk wat eers in die 19de eeu na vore gekom het deur John Nelson Darby en later populêr geword het deur die Scofield Reference Bible.
Daar is party name wat net eenvoudig mense se verbeelding aangryp as jy dit hoor. Een so naam is dié van Johanna van Arkel (Engels: Joan of Arc). Hoewel sy in die Middeleeue leef, klink haar lewe byna soos wat die Hebreërskrywer die wêreld se hantering van geloofshelde beskryf in Hebreërs 11:32-40. En daarom verdien sy haar plek in ons reeks oor besondere vroue in die kerkgeskiedenis.
Op 6 April herdenk ons die koms van Jan van Riebeeck in Suid-Afrika, toe hy op dié dag in 1652 voet aan wal gesit het aan die Kaap van Goeie Hoop met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop.
In Europa is daar tot vandag toe die gebruik om op 31 Oktober kerkklokke te lui ter herdenking aan die Reformasie. Vanoggend het kerkklokke regoor die wêreld weer gelui.