Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.
Daar is ’n groot verskil tussen om Gereformeerd te wees en om reformerend te wees. Die een is in die verlede tyd, die ander een is ’n werkwoord. Die een verwys na iets wat eenmaal gebeur het, die ander na iets wat steeds moet gebeur. In die woord “ge-reformeerd” lê daar iets van ’n afgehandelde gedagte: die gevoel dat alles klaar is, dat ons reeds die waarheid het, en dat ons nou net moet bewaar wat daar is. Maar in die woord reformerend lê daar beweging. Dit dui op ’n aksie wat voortdurend deur die Woord van God gevorm en herskep word.


Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.



