In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.
Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling:
• Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis
Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het:
• Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…
Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie:
• Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe





Soms kom daar vreemde uitsprake in ons tyd voor, byvoorbeeld die bewering dat “Amen” nie ‘n Bybelse woord is nie en sou verwys na die 
In ons tyd word die Bybel en evangelie dikwels behandel asof dit ’n gewone verbruiksartikel of handelsproduk is. Die Here Jesus leer self dat die arbeider sy loon werd is (Lukas 10:7). Daarom kan daar nie fout gevind word met die gebruik dat ‘n leraar deur ‘n gemeente getrakteer word om die Woord van die Here te bedien in ruil vir versorging nie, of dat die Bybel verkoop word in ruil vir die instandhouding van die diens nie. Dit neem egter nooit die verantwoordelikheid van die kerk weg om soos ‘n profeet van ouds die Woord van God te bedien en uit te deel sonder voordeel of vrees nie.