P.72 en P.75 nou aanlyn beskikbaar

Ek weet dis nie almal se liefde nie, maar vir dié van ons wat belangstel in die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek is die beskikbaarstelling van nuwe manuskripte van die Nuwe Testament altyd goeie nuus.

Hoewel die majuskel-fragmente van papirus 72 (P.72) en papirus 75 (P. 75) nie nuut is in die studie van die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek nie, was dit tot onlangs toe slegs in manuskripvorm beskikbaar en was toegang tot die oorspronklike uiters beperk.

P.72 en P. 75 is egter onlangs aanlyn beskikbaar gestel en is nou beskikbaar vir aflaai en studie vir enige een wat belangstel daarin.

Die skakel om P.72 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Bodmer.VIII

Die skakel om P. 75 te kry is:
http://digi.vatlib.it/view/MSS_Pap.Hanna.1(Mater.Verbi)

Lekker lees.

GDS

Oordenkings bygevoeg

Is jy in die kantoor en wil graag vir ‘n rukkie stil word met ‘n Skrifgedeelte en oordenking vir die dag? Moet jy ‘n vergadering open en jy is nie seker wat om te lees nie? Miskien moet jy iemand in die hospitaal besoek en wil graag vir hulle ‘n bemoedigende gedagte laat? Of dalk wil jy net graag meer oor ‘n gedeelte in die Bybel te wete kom?

Kyk gerus na die “Dink” skakel. Ek het heelwat nuwe oordenkings bygevoeg.