Op 15 Januarie 2026 het prof. Stephan Joubert ‘n dokument op sy Facebook-blad geplaas met die titel: Is mans en vroue regtig gelyk? Kantlynaantekeninge oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament. Op die oog af lyk dit na nog ‘n perspektief op die sosiale rolle van mans en vroue in die Bybel. Tog is daarin ‘n dieperliggende sosiale kommentaar op die vraag oor die plek van vroue in die kerk veronderstel.
Ek het die volgende dokument geskryf uit ’n behoefte om groter teologiese helderheid te bring in ’n gesprek wat tans maklik verskuif van Skrifondersoek na kulturele druk.
Daar bestaan ’n duidelike gevaar dat geldige sosiaal-historiese insigte normatief gemaak word, sonder voldoende rekenskap van die Skrif se eie interne orde. Wanneer statusgelykheid in Christus onkrities vertaal word na rol-identiteit in die kerk, word ’n hermeneutiese skuif gemaak wat nie vanselfsprekend deur die Bybel self geregverdig word nie.
Kortom, die doel van hierdie dokument is nie om kritiek uit te lok nie, maar aan te toon dat die huidige debat oor manlike en vroulike rolle nie net ’n vraag oor kultuur of geregtigheid is nie, maar ’n diep teologiese vraag oor skeppingsorde, amp en die gesag van die Skrif. Die doel is om die gesprek terug te bring na ’n Skrifgebonde, gereformeerd-verantwoordelike grondslag, voordat normatiewe gevolgtrekkings gemaak word.
Jy kan my opmerkings hier lees:

Die leer van die wegraping soos dit in baie populêre charismatiese- en dispensasionele kringe verstaan word, naamlik dat Christus geheimsinnig kom om die gelowiges van die aarde weg te neem (weg te raap) voor of tydens ’n toekomstige groot verdrukking, is nie ’n suiwer Bybelse of gereformeerde beskouing nie. Dit berus eerder op ’n spesifieke eskatologiese raamwerk wat eers in die 19de eeu na vore gekom het deur John Nelson Darby en later populêr geword het deur die Scofield Reference Bible.
