Die afgelope jare, en veral sedert Covid, het ’n nuwe vorm van “Bybellees” posgevat – op selfone. Kort video’s, vinnige aanhalings en treffende Bybelverse word daagliks gedeel op sosiale media. Sommige is baie goed en aanvaarbaar, maar ‘n mens is dikwels verstom oor die vlakheid van die teologie in ander, wat soms met groot oortuiging en min konteks aangebied word. Hierdie verskynsel, wat ek “TikTok-teologie” wil noem, is ’n moderne hermeneutiese uitdaging. Aan die een kant kan mens dankbaar wees dat die Bybel wel aangehaal word, maar hóé dit aangehaal word, los van die konteks en watter verstaan daaraan gegee word, plaas ‘n groot vraagteken oor Skrifgesag. Om ’n teks buite konteks te lees, was nog altyd ’n vorm van inlees en nie uitleg nie, ongeag die vernuf om mense se aandag te trek.
Eksegese
Enkele vertalingsprobleme in die 2020-vertaling bespreek
Na aanleiding van ‘n skrywe wat ek onlangs ontvang het in verband met, wat die skrywer beweer “vertalingsfoute” in die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling is, bespreek ek ‘n aantal vertalingsprobleme in die 2020-vertaling.
Alle verwysings kom uit die 2020 vertaling met hoofletters (2020 HL).
‘n Oproep tot die herwaardering van Sola Scriptura
Tydens die herdenking van Reformasie-500, het ek ‘n artikel geskryf waarin die oproep tot die herwaardering van die reformatoriese beginsel van Sola Scriptura gevra word. In die lig van die hoeveelste debat oor die gesag van die Skrif en meer onlangs, hoe ons bv. verwysings na manlike aanspreekvorme in die Bybel moet verstaan, plaas ek die artikel hier om ‘n deeltjie by te dra tot die debat oor Skrifgesag en Skrifkritiek, met die fokus daarop dat die Nuwe-Testamentiese studie in nood is vir ‘n herwaardering van die beginsel van Sola Scriptura.
Kernnotas oor Johannes 13
Met Lydenstyd in gedagte, plaas ek ‘n bydrae by “Eksegese en preekhulp” oor Johannes 13:1-20. Hier sal jy kort eksegetiese aantekeninge vind oor die teks van Johannes 13 asook ‘n oorsig oor die belangrikste opmerkings wat die vroeë kerkvaders oor die gedeelte gemaak het.
