Die mens staan in verhouding tot God, die skepping en die medemens.
Ons leef egter in ’n tyd waar mense eerder vra: Wat kry ek hieruit? en: Hoe help dit my?
Die Christelike godsdiens stel ’n ander vraag: Wat kan ek gee, omdat Christus sy lewe aan my gegee het? Die Bybel stel ‘n belangrike beginsel aan elke Christen in Handelinge 20:35 – “Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang”.
Hierdie week herdenk ons Paasfees. Dit vra van ons selfondersoek en ‘n persoonlike ontleding van die vraag: Gee ek meer as wat ek neem? Dit geld op al die terreine van ‘n mens se verhoudingsdriehoek.




Jy trek soggens aan sonder om daaroor te dink. Tog sê jou klere reeds iets oor jou voor jy ’n woord kan praat.

