
Woensdag se Woord: Deut. 4:39


Hierdie video volg die Bybelse lyn van Adam tot Advent. Dit wys hoe Genesis nie net ’n skeppingsverhaal is nie, maar Israel se herdefinisie van menswaardigheid en identiteit. Deur die Hebreeuse teks en die wêreld van antieke Egipte te verstaan, sien ons die betekenis van die die mens wat in God se beeld geskape is, hoe daardie beeld geskend is, en hoe God se antwoord nie wraak nie, maar genade is. Advent word hier verstaan as die voortsetting van daardie verhaal: God wat self kom soek, herstel en herskep in Christus, die laaste Adam.
Geseënde Christusfees!



Advent word aan die einde van die jaar, gewoonlik die laaste 4 weke voor Kersfees gevier. Maar in die kerklike ritme, is dit die begin van die kerkjaar. Van Kersfees af, volg ons die aardse bediening van Christus tot Paasfees waar ons die Lydensweg, dood, opstanding en hemelvaart van Christus herdenk.
Hierdie artikel handel oor die herkoms en betekenis van Advent.

Hierdie deel is deel 7 van die reeks oor die geskiedenis van Bybelvertaling.
In hierdie deel word gekyk na die vestiging van die Nederlanders onder die VOC en die Franse Hugenote aan die Kaap. Die Nederlanders het die Statevertaling gebruik en die Franse Hugenote die Geneefse Bybel. Hierdie geskiedenis het ‘n rol gespeel in die ontstaan van Afrikaanse Bybelvertalings, wat in die volgende deel (deel 8) bespreek sal word.