Reformerend of ‘ge’-reformeerd?

Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.

Daar is ’n groot verskil tussen om Gereformeerd te wees en om reformerend te wees. Die een is in die verlede tyd, die ander een is ’n werkwoord. Die een verwys na iets wat eenmaal gebeur het, die ander na iets wat steeds moet gebeur. In die woord “ge-reformeerd” lê daar iets van ’n afgehandelde gedagte: die gevoel dat alles klaar is, dat ons reeds die waarheid het, en dat ons nou net moet bewaar wat daar is. Maar in die woord reformerend lê daar beweging. Dit dui op ’n aksie wat voortdurend deur die Woord van God gevorm en herskep word.

Continue reading

Aangename kennis Jean Cauvin, alias Calvyn

Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.

Een van die bekendste figure uit die kerkhervorming, was Johannes Calvyn. In hierdie artikel kyk ons kortliks na die lewe van Johannes Calvyn en sy stryd teen die Libertyne, veral Bolsec, asook die bewerings dat die kerkhervorming deur Joodse geld gefinansier was om die Rooms-Katolieke Kerk te ondermyn.

Lees meer…

 

Bybelvertaling Deel 5: Die Waldense

In hierdie 5de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die Waldense wat gevestig was in die berge van die Alpe en die Bybel in Frans gepreek en vertaal het in ‘n tyd toe slegs Latyn in die kerk toegelaat is.

Bybelvertaling Deel 4: Die bydrae van Johannes Hus

In hierdie 4de deel oor Bybelvertaling fokus ons op die bydrae van Johannes Hus om die Bybel in die hande van gewone gelowiges te kry.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling:    • Bybelvertaling: Deel 1 – Doel en geskiedenis  

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het:    • Bybelvertaling: Deel 2 – Die oordrag van d…  

Deel 3 het in die reeks oor Bybelvertaling fokus op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie:    • Bybelvertaling: Deel 3 – John Wycliffe  

Wie is die volgende Roomse Pous?

Met die dood van pous Francis die afgelope week, kom heelwat interessante vrae na vore. Een daarvan is: wat gebeur gewoonlik as die pous doodgaan? Hoe besluit die Roomse kerk wie die volgende pous is?

In hierdie artikel word gekyk na die gebruike van die Roomse kerk rondom die verkiesing van die pous, iets wat vir gereformeerdes onbekend is en tog interessant is om van kennis te neem, en wat die gereformeerde belydenis daaroor te sê het.

Lees meer…