Reformerend of ‘ge’-reformeerd?

Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.

Daar is ’n groot verskil tussen om Gereformeerd te wees en om reformerend te wees. Die een is in die verlede tyd, die ander een is ’n werkwoord. Die een verwys na iets wat eenmaal gebeur het, die ander na iets wat steeds moet gebeur. In die woord “ge-reformeerd” lê daar iets van ’n afgehandelde gedagte: die gevoel dat alles klaar is, dat ons reeds die waarheid het, en dat ons nou net moet bewaar wat daar is. Maar in die woord reformerend lê daar beweging. Dit dui op ’n aksie wat voortdurend deur die Woord van God gevorm en herskep word.

Continue reading

Bybelvertaling Deel 6: Martin Luther en William Tyndale

In hierdie 6de deel oor Bybelvertaling fokus ons op Bybelvertaling tydens die Reformasie en in besonder die bydrae van Martin Luther & William Tyndale tot ons verstaan van Bybelvertaling vandag.

Woensdag se Woord: Psalm 46:2-3