Ester: Gebore vir ‘n tyd soos hierdie

Ek is dankbaar om aan te kondig:

Die volgende publikasie – Gebore vir ‘n tyd soos hierdie. ‘n Kommentaar op die boek Ester is op 26 Januarie 2026 vrygestel deur Lig in Duisternis-uitgewers.

Die publikasie verskyn onder outeurskap en redaksie van myself en ds. Schalk Strauss, met verskeie teoloë as medewerkers. Die publikasie gee ‘n gereformeerde perspektief op die boek Ester en fokus onder andere op die verklaring, apokaliptiek, etiek, praktiese toepassings en navorsingsgeskiedenis van dié Ou-Testamentiese boek. Daar word ook in diepte lig gewerp op die verskillende weergawes van Ester in die Masoretiese teks in vergelyking met die Septugaint se Griekse weergawe en apokriewe byvoegings.

Een van die uitnemende kenmerke van die publikasie, is dat daar nie met ‘n histories-kritiese vertrekpunt wat so algemeen in moderne teologiese werke voorkom, gewerk word nie, maar die hele boek werk vanuit die teologiese vertrekpunt van Ester as kanonieke boek wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, en derhalwe deel is van die hele Bybelse heilsgeskiedenis en die uiteindelike vervulling in Christus.

Die publikasie is in sagteband te koop by hierdie skakel en sal ook binnekort beskikbaar wees in e-boek formaat by Amazon Kindle.

“Gebore vir ‘n tyd soos hierdie” word aanbeveel vir leraars en lidmate wat die boek Ester wil bestudeer vanuit ‘n behoudende, reformatoriese perspektief.

Besondere vroue in die kerkgeskiedenis (2) – Ester

Ester se verhaal staan soos ’n vlam van hoop in ‘n donker, ongehoorsame wêreld. Sy tree nie op in ‘n tyd van wonderwerke of profetiese visioene nie. Inteendeel, die boek wat haar naam dra, noem nie eers die Naam van God nie. Maar juis hierin lê die krag van die getuienis van die boek Ester. Ester wys vir ons dat die Heilige Gees nie net werk in dramatiese openbarings nie, maar ook in die stil vasberadenheid van ’n vrou wat gehoorsaam is in tye van krisis.

Lees meer…

Verskille tussen die Hebreeuse en Griekse tekste van die boek Ester

Dwarsdeur die kerkgeskiedenis was daar twee bekende weergawes van die boek Ester in gebruik. Die een is die weergawe waarmee óns baie bekend is, naamlik die Hebreeuse weergawe (Masoretiese teks), wat in Bybelvertalings in Protestantse kringe voorkom en wat die oorspronklike weergawe van Ester verteenwoordig. Die ander een is die Griekse weergawe (Septuagint-teks) wat vroeg reeds as teks onder die Jode ná die ballingskap voorgekom het en wat ook deur baie gelowiges deur die eeue heen gelees is.

Lees meer…