Hersiening van die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans

Tydens die afgelope algemene Jaarvergadering van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is kennis gegee dat die 1953-vertaling van die Bybel gedurende 2024 hersien is en binnekort beskikbaar sal wees. Ek het by dié geleentheid versoek om inligting te kry oor die hersiening en wat dit behels het asook watter tekste hersien is. Dit is veral belangrik vir kerke en lidmate wat die 1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans as amptelike vertaling gebruik, om te weet wat verander is in die hersiening en om kommentaar te kan lewer daarop.

Aangesien ek pas die inligting van die Bybelgenootskap bekom het, volg hier onder ‘n oorsig oor die belangrikste verskille en ooreenkomste tussen die 1953-vertaling soos ons dit tans ken teenoor die 1953-hersiening van die Bybel in Afrikaans.

Lees meer…

Editio Critica Maior op Markus

Vir leraars en ander belangstellendes, sal die volgende inligting hopelik van waarde wees.

Die nuutste Griekse Nuwe Testament, die Editio Critica Maior (ECM) se teks op die Sinoptiese evangelies (Markus) is onlangs beskikbaar gestel. Ek het reeds in 2019 hier verwys na merkwaardige tendense  wanneer die Nestlé-Aland 27 (NA27) vergelyk word met die Nestlé-Aland 28 (NA28). Die NA 28 verskil van vroeëre kritiese uitgawes van die Griekse Nuwe Testament  in die tekskritiese aparraat se variante lesings wat ook die Bisantynse tekste in ag neem en verder is die tekskritiese aparraat gebaseer op die samehangende genealogiese model, of die sogenaamde “coherence based genealogical method”  (lees hier meer daaroor).

Continue reading