Kerkwees is bediening, nie geboue nie

Hierdie artikel ondersoek ʼn toenemende tendens in Afrikaanse gemeentes waar finansiële oorwegings die instandhouding van infrastruktuur bo die aanstelling van predikante stel. Met verwysing na Bybelse beginsels, die belydenisskrifte en die praktyk, word aangevoer dat die Woordverkondiging, sakramentsbediening en tug, die onvervangbare kern van kerkwees uitmaak. Geboue help, maar Woordverkondiging is ononderhandelbaar. ʼn Gemeente wat ‘n leraar prysgee om ‘n pastorie te behou, ruil die lewe van die gemeente vir ‘n kis waarin die doodspykers reeds ingeslaan word.

Lees die artikel hier.

Kerkwees as belangrikste bron van kultuurverandering

Die kerk is nie maar net ‘n instelling wat vir ’n uur op ’n Sondag funksioneer nie. Die mens is in wese homo adorans – ’n aanbiddende wese. Daarom vorm die wyse waarop die kerk aanbid, die manier waarop ons oor die die wêreld dink, hoe ons werk en hoe ons leef. Almal aanbid iets of iemand. As dit nie God is nie, is dit iets of iemand anders. Daarom is kerkwees belangrik. Dit vorm kultuur.

Lees meer..