Die kerk is nie maar net ‘n instelling wat vir ’n uur op ’n Sondag funksioneer nie. Die mens is in wese homo adorans – ’n aanbiddende wese. Daarom vorm die wyse waarop die kerk aanbid, die manier waarop ons oor die die wêreld dink, hoe ons werk en hoe ons leef. Almal aanbid iets of iemand. As dit nie God is nie, is dit iets of iemand anders. Daarom is kerkwees belangrik. Dit vorm kultuur.