Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?

deur Prof. Gerrit Smit

Is die opstanding wetenskap of wetenskap-fiksie?

Paassondag konfronteer elke reg-denkende mens met ‘n historiese aanspraak wat moeilik is om te verduidelik: Jesus van Nasaret, wat op die Vrydag gekruisig is onder Pontius Pilatus, en werklik gesterf het, het op die derde dag liggaamlik uit die dood opgestaan. Deur al die eeue het die kerk dit verkondig en mense het nie gesukkel om dit te glo nie, omdat daar ‘n natuurlike aanvoeling was dat daar naas die sigbare dinge, ook ‘n onsigbare werklikheid bestaan.

Die skuif in denke oor die onsigbare werklikheid het nie oornag gebeur nie. Dit het stadig gegroei deur die tydperk van die Verligting (17de-18de eeu) en toe dramaties sigbaar geword in die Franse Revolusie (laat 18de eeu). Wat voorheen as ’n gegewe aanvaar is, naamlik dat God, engele en die geestelike wêreld werklik bestaan, was toenemend bevraagteken en uiteindelik vervang, sodat “wetenskap” mettertyd beskou was as “die dinge wat mens kan meet en sien”. Sedertdien word van die geesteswetenskappe as “sagte wetenskappe” gepraat en die natuurwetenskappe as “harde wetenskap”. Die probleem is egter dat sulke definisies ‘n fundamentele vertrekpunt neem dat slegs die tydelike dinge werklik is en die onsigbare dinge nie bestaan nie.

Continue reading

Korinthe en die kerk te midde van die kultuuroorlog

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die antieke stad Korinthe.

Korinthe neem ’n unieke plek in die Nuwe Testament in. Dit is een van die stede waarin die apostel Paulus meerderheid van sy tyd gewoon en gewerk het, en ook in besonder ‘n stad wat  vir die verspreiding van die evangelie baie sentraal was. Ons weet ook vanuit die briewe van Paulus dat dit ‘n uitdagende omgewing was met heelwat vrae en probleme in die gemeente.  

Om Korinthe reg te verstaan, help om die spanninge en uitdagings van die vroeë Christene in praktyk te sien. Die stad funksioneer as ’n soort steekproef waarin die implikasies van die evangelie vir ’n kosmopolitiese-, moreel verwarde- en sosiaal uiteenlopende samelewing sigbaar word.

Continue reading