Maak die wonder weer wakker!

So nou-en-dan sien ‘n publikasie die lig wat jou aangryp, ja wakker maak en opnuut weer laat belangstel in die wonder van die wonderwerke wat elke dag se bestaan opnuut bewonderenswaardig maak.

Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is:  Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig. Continue reading

Die klippe sal dit uitroep

Toe die Here Jesus destyds op die rug van ‘n donkie in Jerusalem ingekom het, was sommige opgewonde en het lofliedere vir Hom gesing, en ander was vies en het probeer om sy volgelinge stil te maak (Luk. 19:38-39). Jesus se antwoord was dat as die dissipels stilbly, sal die klippe dit uitroep dat Hy die Koning is (vers 40). Continue reading

Sout van die aarde op onverwagse plekke

Na die uitspraak van die hooggeregshof oor godsdiens in skole gister, is ons land nog een stappie verder van die Bybel en een stappie nader aan die suiwer sekulêre  samelewing wat graag gekoester word in ons land.

Terwyl donker Afrika se lig dowwer brand, is daar ‘n stad wat bo op ‘n berg lê wie se lig skyn op plekke waar mens dit die minste sou verwag.

Continue reading

Christene vandag wéér in die beskuldigde bank

Voor ons Here Jesus se kruisiging was Hy in die beskuldigde bank voor die geestelike leiers van die tyd (die hoëpriester), en later voor die staat (Pilatus). Die uiteinde was dat Hy onskuldig skuldig gemaak is. En in sy voetspore volg sy dissipels die afgelope 2000 jaar. Continue reading