Bybelvertaling deel 3: Die bydrae van John Wycliffe

In hierdie derde deel in die reeks oor Bybelvertaling fokus ons op die belangrike bydrae van John Wycliffe in die 14de eeu en sy Engelse vertaling van die Bybel wat die weg berei het vir Bybelvertaling in die Reformasie.

Deel 1 het gehandel oor die doel en geskiedenis van Bybelvertaling.

Deel 2 het gehandel oor die geskiedenis van die oordrag van die teks van die Nuwe Testament, veral drie tekstipes, naamlik die Westerse teks, Alexandrynse teks en die Bisantynse teks. Ons het ook gefokus op die omstandighede waaronder die vroeë kerk die teks van die Nuwe Testament oorgedra het.

Reformasie 500: Die lewe en bydrae van John Wycliffe

Soos almal seker al teen die tyd weet vier ons oor twee weke een van die belangrikste geleenthede in die Gereformeerde Kerkgeskiedenis, naamlik die 500ste herdenking van die Protestantse Reformasie, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge teen die Roomse leer aan die kerkdeur in Wittenberg, Duitsland vasgespyker het. Dit het alles in die Westerse wêreld verander! Ter herdenking aan die Reformasie 500 geleentheid, het ek onlangs ‘n Reformasie 500 tema aangebied met fokus op die lewe van persone wat die reformasie vooraf gegaan het, maar ‘n belangrike invloed gehad het in wat later as die Protestantse Reformasie bekend sou word.

Die eerste aanbieding was oor die lewe en bydrae van John Wycliffe. Indien iemand wil luister, plaas ek die aanbieding hier: https://gdssmit.com/wp-content/uploads/2017/10/reformasie-500-john-wycliffe-gds-smit-1.mp3. Kom ons word opnuut verwonder oor die genade van Here in die geskiedenis van sy kerk.