Reformerend of ‘ge’-reformeerd?

Vandag is 31 Oktober. Op dié dag in 1517, het Martin Luther die 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Dit het die reformasie begin.

Daar is ’n groot verskil tussen om Gereformeerd te wees en om reformerend te wees. Die een is in die verlede tyd, die ander een is ’n werkwoord. Die een verwys na iets wat eenmaal gebeur het, die ander na iets wat steeds moet gebeur. In die woord “ge-reformeerd” lê daar iets van ’n afgehandelde gedagte: die gevoel dat alles klaar is, dat ons reeds die waarheid het, en dat ons nou net moet bewaar wat daar is. Maar in die woord reformerend lê daar beweging. Dit dui op ’n aksie wat voortdurend deur die Woord van God gevorm en herskep word.

Continue reading

Aangename kennis Jean Cauvin, alias Calvyn

Ons herdenk hierdie week die Protestantse kerkhervorming wat amptelik begin het op 31 Oktober 1517 toe Martin Luther die 95 stellinge teen die Roomse dwaalleer teen die Wittenberg kerkdeure vasgespyker het.

Een van die bekendste figure uit die kerkhervorming, was Johannes Calvyn. In hierdie artikel kyk ons kortliks na die lewe van Johannes Calvyn en sy stryd teen die Libertyne, veral Bolsec, asook die bewerings dat die kerkhervorming deur Joodse geld gefinansier was om die Rooms-Katolieke Kerk te ondermyn.

Lees meer…

 

Calvyn se model vir armoede verligting

Ons leef in ‘n tyd en in ‘n land waar staatsafhanklikheid ongekende afmetings aanneem. Volgens raming word sowat 27 miljoen mense in Suid-Afrika deur een-of-ander vorm van maatskaplike toelae ondersteun waarvoor die krimpende aantal belastingbetalers moet instaan. Vir baie is daar geen manier om ‘n alternatief hierop voor te stel nie en staatshulp word dikwels as die enigste oplossing vir armoede beskou.

Die kerkhervormer, Johannes Calvyn, bied egter ‘n model vir armoedeverligting wat ‘n Bybelse alternatief stel en steeds vandag relevant is.

Lees meer…