Wanneer Christene sê dat “Jesus die Christus” is, maak hulle ’n openbare, politieke verklaring. Hulle maak ‘n verklaring wat die magstrukture van die wêreld direk uitdaag. Die evangelie is nié ’n a-politiese boodskap nie. As ons sê dat alle gesag aan Christus onderwerp is, sê ons indirek dat alle aardse magte aan Hom onderwerp is. Dit beteken dat géén aardse mag vir altyd sal hou nie en dat alle regerings sal verbygaan. Dit is dus ’n politieke aankondiging wat alle aardse gesag onder Christus se heerskappy plaas. Continue reading
