Ek het so tyd gelede ‘n baie interessante artikel raakgeloop wat deur Michael Horton geskryf is oor die moderne gnostici.
Hierin lys hy die kenmerke van die dwalinge van die gnostici in die tweede tot vierde eeu na Christus en hulle invloed in die vroeg-Christelike kerk. Vervolgens vra hy die vraag of die gnostici uitgesterf het? Hy kom tot die gevolgtrekking dat die moderne herlewingsbewegings (“revivalism”) ‘n vorm van die tweede-vierde eeuse gnostici is wat in ‘n nuwe baadjie ou dwaalleringe voorstaan.Van die ooreenkomste tussen die ou gnostici en die nuwe gnostici is die volgende:
Anti-kerklike benadering
Die kerk as struktuur word beskou as ‘n struikelblok tot herlewing. Die mens kan sy/haar geloof uitleef los van die kerk.
Anti-sakramenteel
Die belang van die doop en die nagmaal word afgemaak. Sakramente word nie meer as kerklike instellings beskou nie, maar word sommer by die huis of op enige ander plek bedien.
Super-apostel beskouing
Die voorganger/pastoor/leier word beskou as ‘n super-Christen wat onfeilbaar is. Die res van die volgelinge word aangemoedig “om geestelik op te klim tot die vlak” van die leier.
Teen georganiseerde struktuur
Hulle meen struktuur werk teen die Gees.
Heg baie lae waarde aan die kerkgeskiedenis
Geskiedenis kan hoogstens interessant wees, maar het nie wesenlike teologiese waarde nie.
Eksistensialisme
Om hier op aarde God se seën te ontvang, behels sigbare welvaart (voorspoedsteologie).
Horton se artikel gee heelwat besondere insigte vir die gelowige in die hantering van hierdie vraagstuk in ons samelewing en wat die gereformeerde kerke daarteen kan antwoord.
Indien jy belangstel, kan jy Horton se artikel hier gaan lees:
http://www.modernreformation.org/default.php?page=printfriendly&var1=Print&var2=695