Van Adam tot Advent

Hierdie video volg die Bybelse lyn van Adam tot Advent. Dit wys hoe Genesis nie net ’n skeppingsverhaal is nie, maar Israel se herdefinisie van menswaardigheid en identiteit. Deur die Hebreeuse teks en die wêreld van antieke Egipte te verstaan, sien ons die betekenis van die die mens wat in God se beeld geskape is, hoe daardie beeld geskend is, en hoe God se antwoord nie wraak nie, maar genade is. Advent word hier verstaan as die voortsetting van daardie verhaal: God wat self kom soek, herstel en herskep in Christus, die laaste Adam.

Geseënde Christusfees!

Die herkoms en betekenis van Advent

Advent word aan die einde van die jaar, gewoonlik die laaste 4 weke voor Kersfees gevier. Maar in die kerklike ritme, is dit die begin van die kerkjaar. Van Kersfees af, volg ons die aardse bediening van Christus tot Paasfees waar ons die Lydensweg, dood, opstanding en hemelvaart van Christus herdenk.

Hierdie artikel handel oor die herkoms en betekenis van Advent.

Lees meer…

Chanoekka se betekenis vir die Christen

In hierdie artikel word die betekenis van die Chanoekka, of die Fees van die Ligte, verduidelik. Vir Christene dui dit op die oorwinning van lig oor duisternis, die herstel van ware aanbidding, en Christus as die vervulling van die tempel en die voortdurende bron van God se lig in die wêreld.

Lees meer…