
Rut tel koring op in die landerye van Boas.
Eerskomende Sondag vier kerke oor die wêreld heen Pinkster, die herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees.
Hierdie week se Pinksteroordenkings het die tema: Besondere vroue in die kerkgeskiedenis.
Wanneer Pinkster ter sprake kom, dink baie onmiddellik aan die vuurtonge, spreek in tale en die dramatiese gebeure van Handelinge 2. Maar die Gees werk nie net in die bonatuurlike en groot dinge nie. Die Gees werk meestal sag, stil en sonder dat mense dit opsigtelik raaksien.