Dr. John William Span van Kanada besoek die APA

Dr. Span van Kanada, het ‘n gaslesing by die teologiese fakulteit van die APA gelewer. As boorling van Kanada, doktoreer hy in Frankryk.

Dr. John, sy vrou Anne en hulle drie seuns ontmoet Islam vir die eerste keer in Guinea (Wes-Afrika). Hy werk onder meer ook onder die Islam in Kaïro. ‘Om Islam te “her-interpreteer” sodat die Kor’an Christelik klink, is oneerlik’, meen dr. Span.