Kernnotas oor Johannes 13

Met Lydenstyd in gedagte, plaas ek ‘n bydrae by “Eksegese en preekhulp” oor Johannes 13:1-20. Hier sal jy kort eksegetiese aantekeninge vind oor die teks van Johannes 13 asook ‘n oorsig oor die belangrikste opmerkings wat die vroeë kerkvaders oor die gedeelte gemaak het.

Ek beplan om in die volgende bydraes onder dié afdeling verskeie van my eksegetiese aantekeninge te plaas, in die hoop dat dit vir iemand bruikbaar mag wees. Aangesien ek hoop om die lees van die kerkvaders te stimuleer, sal ek elke keer ook ‘n oorsig gee oor die belangrikste opmerkings van die kerkvaders. Hulle insigte is goud werd.

Saam met hierdie eksegetiese notas, wys ek ook aan die einde van die gedeelte op ‘n paar gedagtes oor die teks.

Volg hierdie skakel vir die aantekeninge.