Die kerk preek nie ‘n stelsel nie, maar ‘n Persoon – nie ‘n mooi voorbeeld nie, maar ‘n lewensveranderende navolging.
Het jy geweet?
In Lukas 23:13-25 word hierdie werklikheid op ‘n treffende wyse deur Lukas beskrywe in die gebeure kort voor die kruisiging van die Here Jesus in die vrylating van Barabbas in plaas van Christus. As Pilatus dan oortuig is van Christus se onskuld soos hy ewe vroom verklaar, waarom laat hy Hom nie gaan nie? Die antwoord is voor-die-hand-liggend. Let op die fyn wyse waarop die Woord sinspeel op die plaasvervanging van Christus in die gedeelte in Lukas 23.Die naam Barabbas is die Aramese weergawe van die woord Bar (seun) en Abbas (die vader), wat ons sou kon vertaal met: “seun van (sy) vader”. Barabbas word vrygelaat in die plek van Jesus Christus.
Christus is die “Seun van die Vader”, wat as ons dit sou terugvertaal na Aramees so gestel sou word: “Bar-Abba”. “Bar-Abba” (Seun van die Vader) kom staan in die plek van “Bar-Abbas” (seun van ‘n vader – kleinletter). Die skuldige een is vry deur die skuldigverklaring van die onskuldige.
Dus, Bar-Abba word tereggestel in die plek van Bar-Abbas (wat vrygelaat word) – ook in my en jou geval! Dit is prediking op sy beste.
Dink bietjie na hieroor.