Gebruike en gewoontes in die Bybel: Genesis

Ek werk tans aan ‘n nuwe publikasie. Dit handel oor “gebruike en gewoontes in die Bybel”. Ek deel graag so stuk-stuk van die gedagtes.

Die Bybel vertel nie net wat God gedoen het nie, maar wys ook hoe die mense van daardie tyd geleef het. Agter elke verhaal lê gebruike en gewoontes wat vir die eerste lesers vanselfsprekend was, maar vir ons dikwels vreemd voorkom. Wie hierdie gebruike verstaan, lees die Bybel met nuwe oë.

Hierdie reeks begin by die begin: Genesis. Hier, in die eerste boek van die Bybel, ontmoet ons gebruike rondom gasvryheid, die huwelik, erfporsies en die verbond. Dit help ons om te sien hoe God werk binne konkrete menslike omstandighede.

Lees deel 1 hier: Gebruike en gewoontes in Genesis