Soms kom daar vreemde uitsprake in ons tyd voor, byvoorbeeld die bewering dat “Amen” nie ‘n Bybelse woord is nie en sou verwys na die Egiptiese god Amun. Die implikasie van hierdie bewering sou dan wees dat die kerk ‘n afgod aanbid deur die woord “amen” te gebruik. Die vraag is: is daar enige gronde vir hierdie bewerings?
Die woord Amen is een van die woorde wat die meeste in kerke oor die wêreld heen gebruik word. Daar is nie ‘n kerk op aarde in watter taal ook al waarin die woord nie gebruik word in gebede, lofprysing, prediking en die liturgie nie.
In hierdie artikel word die herkoms van die woord “amen” bespreek.