Die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling se vertaalopdrag was om ’n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde vertaling te skep wat geskik is vir eredienste, Bybelstudie en persoonlike gebruik. Die vertaling rus op twee ankerpunte, naamlik getrouheid aan die bronteks, maar moes steeds goeie Afrikaans wees. In hierdie deel bespreek ons die 2020-vertaling se vertaalteorie. Dis nie die doel van hierdie aanbieding om te debatteer of die vertaling geslaag het in sy oorspronklike opdrag nie. Die doel van die aanbieding is om te verduidelik watter vertrekpunte die 2020-vertaling geneem het en hoe dit verskil van die 1983-vertaling.
Discover more from Tuis by gdssmit.com
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
