In ‘n vorige artikel is verwys na die 1953-hersiening wat in die vooruitsig gestel word. Ek het reeds vroeër gemeld dat die 2024 hersiening van die 1953-vertaling as ‘n redaksionele hersiening in plaas van ‘n inhoudelike hersiening deur die Bybelgenootskap beskou word. Die 1953-hersiening is intussen gepubliseer. Aan die einde van die artikel gee ek ‘n skakel waar die teks gevind kan word.
Hier onder volg ‘n paar voorbeelde van die verskille tussen die 1953-vertaling en die 1953-hersiening:
Teks | 1953-vertaling | 1953-hersiening |
Eksodus 19:19 | …en hulle ook vir altyd aan jóú kan glo. | …en hulle ook vir altyd aan jou kan glo. |
Eksodus 23:26 | Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. | Daar sal geen miskrame of onvrugbare vroue in jou land wees nie. |
1 Kronieke 3:6-8 | Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet en Noga en Nefeg en Jáfia en Elisáma en Éljada en Elifélet. | Verder Jibhar en Elisama en Elifelet en Noga en Nefeg en Jafia en Elisama en Eljada en Elifelet. |
Psalm 2:1 | WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? | Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? |
Psalm 7:1 | SJIGGAJŌN van Dawid wat hy tot eer van die Here gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. | Sjiggajoon van Dawid wat hy tot eer van die Here gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. |
Hosea 5:4 | Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie… | Hulle dade laat geen terugkeer tot hulle God toe nie… |
Sagaria 9:9 | VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel—op ’n jong esel, die vul van ’n eselin. | Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel — op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselmerrie. |
Mattheus 2:22 | Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het ‘n goddelike waarskuwing in ‘n droom ontvang en na die streke van Galiléa teruggekeer. | Maar toe hy hoor dat Argelaos oor Judea koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het ‘n goddelike waarskuwing in ‘n droom ontvang en na die streke van Galilea teruggekeer. |
Handelinge 18:26 | En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Áquila en Priscílla hom gehoor het… | En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Akwila en Priscilla hom gehoor het… |
Die 1953-hersiening is nou aanlyn beskikbaar by hierdie skakel.
Discover more from Tuis by gdssmit.com
Subscribe to get the latest posts sent to your email.