Preekhulp
Al die opsommings wat ek hier onder plaas, kom uit preke wat ek oor die afgelope meer as twee dekades gepreek het in gemeentes. In hierdie afdeling plaas ek nie volledige preke nie, aangesien ek glo elke leraar moet deur die leiding van die Heilige Gees sy eie preek skryf.
Ek plaas egter graag ‘n paar van my preeksketse (preekopsommings) hier om van hulp te wees in die voorbereiding van die Woordbediening, veral waar dit die eksegetiese proses kan help. Onthou, dit is nie my werk om jou preek te skryf nie, hierdie is net rigtingwysers.
Die werkswyse wat ek gewoonlik volg is: Teks, tema, inleiding, 3 hoofpunte (soms meer) en slot met toepassings deur die loop van die preek.
Nota: Baie van die aanhalings uit Bybelverse kom nie presies so voor in die vertaling nie, maar is my eie vertaling. Gebruik jou eie oordeel.
Hieronder volg ‘n aantal van my preeksketse as voorbeelde:
- Genesis 4:1-16
Tema: Hoe kom ek na God? Die pad van Abel teenoor die pad van Kain
Struktuur van die perikoop
Eksegetiese aantekeninge
- Deuteronomium 5:12–15; Markus 2:27–28
Die Sondag is aan die Here gewy sodat ons sy rus, sy werke en sy Woord kan eerbiedig en geniet.
- Spreuke 1:7–19; Johannes 15:14
Tema: God gee wysheid om vriende te kies wat jou nie verlei nie, maar versterkEksegetiese aantekeninge
- Nehemia 13:15–22; Jesaja 58:13–14; Hebreërs 10:25
Die Sondag behoort aan die Here – dit is sy dag, geheilig vir sy diens.
- Mattheus 3:13-17
Tema: Die doop van Jesus openbaar Hom as die ware Seun van God en ons enigste Weg tot verlossing
- Mattheus 8:5–13
Tema: Ware geloof is nie beperk tot afkoms nie, maar tot vertroue in Christus se gesag
- 1 Korinthiërs 10:23-33
Tema: Hoe beoordeel ek my vryheid in Christus?
Struktuur van die perikoop
Eksegetiese aantekeninge
