Oor gdssmit.com
‘n Webblad met ‘n seleksie van my bydraes, skryfwerk en gedagtes vir gebruik deur my studente en broeders in die bediening van ons Here Jesus, asook mede-broeders en susters wat meer wil leer oor God se Woord, die Christelike kerk en ons roeping in die wêreld.
Hoewel ek ook populêre artikels plaas wat gerig is op gemeentelike toerusting en algemene vrae wat gelowiges het, is daar genoeg inligting op die internet beskikbaar wat hierdie doel dien, en dus nie hierdie blad se fokus nie.
“Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei” – 1 Kor. 3:6-7.
Kennisgewing:
© Kopiereg voorbehou. Die inligting op hierdie blad is die vrug van baie jare se werk en ek sit voortdurend nuwe inligting by. Jy mag dit gebruik vir persoonlike studie en geestelike verryking, maar geen van die inligting mag op enige ander plek, of in enige ander vorm weergegee word, sonder my toestemming nie. Jy mag ook nie my naam van publikasies verwyder en dit aanbied op ‘n ander plek of wyse as jou eie nie – dit is oneerlik. Ek het opgemerk van my artikels verskyn in nuusbriewe en blaadjies. Jy mag met graagte my artikels in nuusbriewe en publikasies gebruik op voorwaarde dat jy vermeld dat dit van hierdie blad af kom en deur my geskryf is. Jy mag ook na spesifieke onderwerpe verwys of aanhalings maak vanaf my blad, op voorwaarde dat behoorlike verwysings gebruik word. Erkenning moet gegee word vir aanhalings vanaf hierdie webblad deur onder andere te verwys na die skakel: https://gdssmit.com. Artikels van my op www.apk.co.za en www.apa.ac.za is gepubliseer met my toestemming en gee nie aan iemand anders die reg om dit ook te doen nie.