The History of the Textual Criticism of the New Testament – Marvin Vincent

marvin-tc

Ek het so tyd gelede dié boek van Marvin Vincent gekoop maar soos dit gaan, het die boek ‘n lang tyd op my lessenaar gelê en loer vir my. Ek was onder die indruk dat die boek nóg ‘n geskiedenis gee van die Teks van die Nuwe Testament en het gedink dat dit nodig is dat ek dit lees om darem net op hoogte te bly van watter aksente in hierdie werk gelê word.

Uiteindelik het ek die moed gehad om die boek wat so roep, op te tel en…Ek moet erken dat ek verkeerd was: die werk is nie maar net nog ‘n geskiedenis van die bekende onderwerp in die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek nie, maar gee veral oor die teks van die Nuwe Testament in die vroeg-Christelike kerk waardevolle geskiedenis.

Wat Vincent se werk verder waardevol maak is in dié opsig dat hy poog om die geskiedenis van die teks van die Nuwe Testament op datum te bring, aangesien die meeste standaardwerke oor hierdie onderwerp nie die geskiedenis van die 20ste eeu dek nie.

Nadat ek die werk deurgewerk het, het ek ‘n kort oorsig gegee oor Vincent se werk.

Indien jy belangstel, kan jy dit hier gaan lees.