Opvolg op gesprek: Daar is meer!

Verlede week het ek verwys na ‘n referaat wat ek gelewer het in verband met die sakramentsbeskouing van die reformasie en spesifiek die besondere belydenisskrifte onder die titel: Daar is meer! Indien u dit gemis het, lees dit hier: Daar is meer!

Tydens dieselfde geleentheid het ek die podium gedeel met prof. Danie Goosen, wat ‘n referaat gelewer het met dieselfde titel, met fokus op die gemeenskapsgedagte as antwoord op die liberale modernisme.In die referaat fokus hy op die belang van die skepping en die erkenning van die Skepper as teenwig teen die liberale modernisme se soeke na antwoorde op die vrae van die werklikheid.

Sy referaat is intussen deur die NP van Wyk Louw sentrum gepubliseer. U kan dit gerus hier gaan lees: Daar is meer! Prof. Danie Goosen.