Oordenkings oor Calvyn se Institusie

Hieronder is ‘n lys oordenkings vanuit die Bybel met verwysings na Calvyn se Institusie.

Prof. Gerrit Smit

Oor Johannes Calvyn

Johannes Calvyn word erken as die vader van die Gereformeerde tradisie. Hy is gebore op 10 Julie 1509 in Frankryk en het grootgeword as Rooms-Katoliek. Op 14-jarige ouderdom het hy na Parys gegaan waar hy begin studeer het ter voorbereiding vir sy Universiteitstoelating. In 1527 het Calvyn se paaie gekruis met Reformatore wat onder die invloed van Martin Luther in Frankryk opgetree het. Calvyn het Teologie in 1528 gelos en Regte begin studeer. In 1532 het Calvyn sy studies in die Regte voltooi en het sy eerste werk gepubliseer: ‘n kommentaar op die werke van die filosoof Seneca.

In 1533 het Calvyn gevlug uit Parys weens vervolging van ondersteuners van die Protestante deur die Rooms-Katolieke kerk. Calvyn het intussen begin skryf aan sy bekende werk: Die Institusie van die Christelike Godsdiens, maar het homself eers in 1536 amptelik losgemaak van die Rooms-Katolieke kerk. Op weg na Strasbourg, waar Calvyn beplan het om te gaan woon, het hy deur Geneve, Switserland gereis. ‘n Protestantse prediker, Farel, het hom oortuig om in Geneve te bly en het hom gedreig met God se oordeel as hy dit nie doen nie.

Calvyn het ‘n wisselvallige verhouding met die kerke in Geneve gehad: soms is hy aanvaar en ander male weer verban as gevolg van sy konflik met die Rooms-Katolieke kerk.

Calvyn het Geneve verlaat in 1538 en in 1541 teruggekeer na Geneve waar hy vertoef het tot-en-met sy dood op 27 Mei 1564.

In sy leeftyd het Calvyn verskeie belangrike Gereformeerde werke geskryf, waaronder die Institusie die mees bekende is.

Kies op die tema hieronder om meer te lees

Die aarde is vol sonde
God maak nie onderskeid nie
Die uitverkiesing word verdraai
Uitverkiesing = vroomheid
Preek oor die uitverkiesing
Getuig en vertrou
Alles is genade!
Die troos van uitverkiesing
Dit gaan oor Christus
Volhard tot die einde
Twee soorte roepings
Huigelaars se loon
God roep jou
Dis die Gees se werk
Hulle glo die leuen
Almal verstaan nie
Jy is self verantwoordelik
Baie druk hulle ore toe
God werk bekering
Hoop op die hemel
Glo in die opstanding
Ons sal ook opstaan
Jy dra God se beeld
Wat gebeur as jy doodgaan?
Die liggaam is nie vullis nie
Alles kom van God en gaan na God