Maak die wonder weer wakker!

So nou-en-dan sien ‘n publikasie die lig wat jou aangryp, ja wakker maak en opnuut weer laat belangstel in die wonder van die wonderwerke wat elke dag se bestaan opnuut bewonderenswaardig maak.

Een so ‘n publikasie het onlangs verskyn en is die moeite werd om te lees. Die naam is:  Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty deur dr. Steve Turley. Turley het geen bekendstelling nodig in konserwatiewe teologiese kringe nie en hierdie boek bied werklik ‘n nuwe kyk op hoe die rasionalisme ons wêreld en ons denkraamwerk so kom verander het, dat baie mense in die greep van liberalisme eintlik niks anders is as post-Christene nie, al sou hulle hulself met die Christelike geloof vereenselwig.Plato en Gregorius van Nyssa het ‘n sterk invloed gehad op die manier hoe ons vandag die wêreld verstaan, maar een ideologie het die mens se verstaan van die kosmos, tyd, godsdiens en die werklikheid so kom verander dat die hedendaagse post-moderne mens onherroeplik verheidens het, en die wonder van die skepping, God, waarheid, goedheid, skoonheid, morele denke en etiek op empiries-wetenskaplike gebied verklaar word, wat min ruimte laat vir die bo-natuurlike, onsigbare en onverklaarbare van die skepping – dit is die ideologie van die relativisme (alles is maar relatief, dit hang af hoe jy dit beskou en verstaan).

In hierdie werk wys Turley hoe die opvoeding van ons kinders gebrek het aan die bewondering vir die skone en dit is een van die belangrikste redes waarom goedheid, waarheid en skoonheid vandag relatiewe begrippe is wat maar verklaar word as iets soos: “in the eye of the beholder”.

Turley wys op die Bybel se boodskap van kosmiese waarhede soos: die son, berge, bome, kos, diere en wys hoe ons in die musiek, wetenskap, geskiedenis en kuns die waarheid, goedheid en skoonheid van God en sy werke kan herontdek om sodoende die wonder van God en sy Plan opnuut wakker te maak by ons kinders en in besonder by ons kerke.

Doen jouself ‘n guns en lees: Steve Turley se Awakening Wonder: A Classical Guide to Truth, Goodness & Beauty. Die boek is onder andere by Amazon.com beskikbaar.