Die maklike pad of die regte pad?

Sokrates se eer of God s’n?

Dit is 399 v.C. Die plek: Athene, Griekeland.

Die filosoof Sokrates word deur die jong manne van die stad beskuldig dat hy die gode minag en dat hy die jong manne aanmoedig om in opstand teen die stad se leierskap te kom.

Toe hy voor die regter gebring word, het die jong manne allerhande leuens oor Sokrates opgemaak en uiteindelik het die regter hom die doodstraf gegee. Hy moes ‘n mengsel van gif drink. Sy volgelinge onder wie die later baie bekende filosoof Plato, het hom gesmeek om die nag voor sy teregstelling uit die stad Athene te vlug, maar sy antwoord was dat hy dit nie kan doen nie, want hy het sy lewe lank sy volgelinge geleer om gehoorsaam te wees aan die gesag van die owerheid en dat dit in stryd met sy beginsels sou wees om nou te vlug. Die volgende dag het hy voor 500 mense in Athene die gif gedrink as vonnis en so het hy aan sy einde gekom.Deur eeue heen moet mense keuses uitoefen vir die maklike pad of die regte pad. Sokrates was ‘n heidense filosoof wat nie enige kennis van die ware God gehad het nie en tog was sy beginsels vir hom so belangrik dat hy bereid was om sy lewe te gee as om terug te gaan op dit wat sy volgelinge deur sy lewe geleer het. Maar Sokrates se beginsel in hierdie geval het gedraai om sy eie eer en die voorbeeld wat hy vir ander gestel het. Hoe sou ek en jy besluit het?

Lees hier hoe Daniël 3 ‘n perspektief op die regte pad teenoor die maklike pad gee.