Verskille tussen Nestlé-Aland (NA)27 en NA28 bring merkwaardige tendens na vore

Prof. Gerrit Smit

Daar is onlangs kennis geneem dat die Duitse Bybelgenootskap die wysigings wat aan die Griekse Nuwe-Testamentiese teks van die Editio Critica Maior (ECM) aangebring is, gepubliseer het. In die tweede hersiening van die ECM word die wysigings aan die algemene briewe van die Nuwe Testament gelys. Die volledige lys kan hier bekyk word. Verdere wysigings word deur die loop van die volgende dekade verwag.

Tans is daar egter genoeg beskikbare teksverwysings om ‘n sinvolle studie te kan onderneem om vas te stel in welke mate wysigings aan die Griekse teks van die Nuwe Testament van NA27 (Nestlé-Aland) in die nuutste uitgawe van NA28 aangebring word, en in hoe ‘n mate (indien enige) dit die interpretasie van die teks beïnvloed.

In hierdie artikel lys ek die verskille tussen die Griekse tekste van NA27 en NA28 in tabelvorm, saam met die Griekse tekste van Robinson & Pierpont se Bisantynse Meerderheidstekslesing en die Textus Receptus van Scrivener.

Hieruit word merkwaardige gevoltrekkings gemaak, naamlik:

  1. die verskille tussen NA27 en dié van NA28 bring NA28 in die meerderheid gevalle met betrekking tot die Algemene Briewe in ooreenstemming met die Bisantynse Meerderheidsteks en die Textus Receptus (Scrivener).
  2. in baie opsigte stem NA28 (teenoor NA27) nou woordeliks ooreen met die Bisantynse Meerderheidsteks en/of die Textus Receptus
  3. Navorsing op die gebied van die Griekse Bisantynse Meederheidsteks is nog ontoereikend en daar moet ernstig aandag gegee word aan hierdie studieveld
  4. Die Editio Critica Maior (Griekse Kritiese uitgawe van die Nuwe Testament) beweeg al meer in die rigting van die tekslesings van die Bisantynse Meerderheidsteks
  5. Die teorie van Westcott en Hort dat slegs die Alexandrynse tekstradisie betroubare teksgetuienis vir die Nuwe-Testamentiese Tekskritiek lewer, is uitgedien en is stelselmatig besig om plek te maak vir ‘n gelykwaardige waardering vir die Bisantynse Tekstradisie van die Nuwe Testament.

Hieronder is my volledige oorsig oor die tekste van die Algemene Briewe en hoe die kritiese uitgawe van die Griekse Nuwe Testament opmerklik in die rigting van die Bisantynse Meerderheidsteks beweeg:

Verskille tussen NA27 en NA28 bring merkwaardige tendens na vore