Die Teologie van die Koninkryk van God in Jakobus

Die Teologie van die Koninkryk van God in Jakobus

Prof. Gerrit Smit

Geloof en die vrugte van die geloof is die tema van hierdie brief. Daarom is dit noodsaaklik dat mense in die regte verhouding tot God staan (= geregtigheid). Vrede, gehoorsaamheid, onderdanigheid aan God, suiwer harte en nederigheid is van die kenmerke. Erkening van God se heerskappy word gedemonstreer deur te lewe soos mense by God geleer het hoe om te lewe. Dit kan alleen realiseer wanneer mense tot God nader en lewe in sy teenwoordigheid. Hierdie pad moet met volharding geloop word. God is deur Jesus saam met diegene wat aan Hom behoort, op pad en Hy sal hulle bystaan tot aan die einde met medelye en ontferming.