Antieke Romeinse geboue

Waarom Antieke Romeinse geboue vandag nog staan?

prof. Gerrit Smit

Een van die mees opvallende in die argitektuur van die antieke wêreld is die vervalle toestand waarin meeste antieke Griekse geboue is, teenoor die merkwaardig goeie toestand waarin baie van die antieke Romeinse geboue is.

Die Romeine was die uitvinders van beton, wat soortgelyk was aan die hedendaagse beton wat so algemeen gebruik word in ons bouwerk. Die beton was gemaak van vulkaniese as (wat hoog is in kalsium), water en gekapte klip en het die Romeinse bouers ‘n argitektoniese voorsprong gegee bo enige van hulle  voorgangers. Hulle geboue staan selfs vandag nog.

Vergelyk hieronder die verskil tussen die Romeinse Colosseum (bo) en die oorblyfsels van die Griekse tempel van Apollo (onder).

Die Romeine het verskillende konstruksies soos amfiteaters en ‘n groot hawe in Sesarea gebou, asook die bekende Colosseum. Die Colloseum kon 55000 mense sitplek gee en kom basies ooreen met groot sprotstadions wat ons vandag sien. Hulle het ook baddens en badhuise gebou, verskeie biblioteke en tempels vir ‘n verskeidenheid gode en selfs tempels ter ere van keisers. Daar was ook honderde standbeelde en monumente as kuns in die verskillende stede opgerig, wat dikwels uit marmer, beton en allerhande luukse bouwerk gedoen is.

Die antieke volke was nie so dom soos wat ons dikwels dink nie. Die moderne samelewing is gebou op die fondamente wat voorgangers oor duisende jare gelê het.